Leesplan inligting

Jesus, Ek Het U NodigVoorbeeld

Jesus, I Need You

DAG 2 VAN 7

GEBED:



Jesus, ek het U nodig! U is my Here, my God, my Koning. U is al my aanbidding waardig. Help my, deur u genade, om U te ken en so diep en innig lief te hê, dat die dinge van hierdie wêreld sal vervaag en mettertyd verdwyn.



Ek wil U en slegs U aanbid. Ek wil nie deur kultuur gevorm word nie. Ek is in U en ek wil een met U wees. Bind my hart aan u hart en plaas u waarheid diep binne my. Nie net wil ek U en u Woord ken nie, ek wil ook die begeerte hê om die sonde te versaak en U en u Woord te volg. Lei my om U in gees en in waarheid te kan loof.



Ek het u krag, genade en liefde nodig, sodat ongeag wat die lewe na my kant toe bring, ek elke situasie, persoon en beproewing sal hanteer soos wat U sou — alles tot u eer. Ek wil nie net bloot uiterlik reageer nie, maar eerder van binne af, vanuit die rivier van lewende water. Ek wil so naby aan U wees, Jesus, dat u Gees voortvloei uit alles wat ek doen en sê. Mag ek al my geluk in U vind.



Mag ek U verheerlik in alles wat ek sê en doen (Psalm 42:1-2a; Galasiërs 2:20).



Dit maak nie saak waar ek is, wat ek doen, watter Skrif ek lees, of watter lied ek sing nie, ek wil my gedagtes, my energie en my hart op U en nie op my en my omstandighede gefokus hou nie. Ek soek na U en U alleen.



Maak nie saak of ek:



slaag of misluk,



wen of verloor,



ryk of arm is,



ingesluit of uitgesluit is,



bekend is of vergeet word nie,



mag ek tevrede wees in die wete dat U myne is, en dat ek aan U behoort.



Mag my hoofdoel wees om U lief te hê en deur U liefgehê te word, om U tevrede te stel en U te dien. Help my om my sonde te sien, te betreur en te versaak, deur u genade. Help my om honger en dors te wees na u geregtigheid.



Here Jesus, skenk aan my u genade, barmhartigheid en guns, om my in staat te stel om U te kan sien, U te ken, lief te wees vir U en een te word met U. Dankie dat u Woord (Johannes 14:14) vir my sê: "As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen." Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, I Need You

Voel jy 'n dringende behoefte na Jesus? Hierdie leesplan strek oor twee dae en is ontwerp om jou tyd alleen saam met Hom te verryk en om jou te help om na Hom te roep. Dit dien ook as 'n gebed om saam met die Thistlebend...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid