Leesplan inligting

Jesus, Ek Het U NodigVoorbeeld

Jesus, I Need You

DAG 1 VAN 7

Ons dis deesdae so vol van onsself, sonder dat ons daarvan bewus is. Wat ons egter broodnodig het, is om met Christus gevul te word. Dit is dikwels moeilik om te onderskei hoe verskillend ons weë van sy weë is, ongeag of ons in 'n Christelike of nie-Christelike huis opgevoed is. Vanweë ons inwonende sonde en omdat ons dalk in 'n kerklike kultuur grootgemaak is, het ons gewoontes, gedrag, denkrigtings en redenasies aangeleer. Tog is ons, sonder om dit te besef, ook deur baie ander bronne as Jesus Christus beïnvloed.



Paulus se doelwit was: "Vir my is die lewe Christus" (Filippense 1:21). Paulus het nie altyd na aan Christus geleef nie. Hy het dit eers begin doen nadat Jesus hom op die Damaskuspad gekonfronteer en van sy sonde oortuig het. Toe kon hy, deur genade, vir Jesus sien vir wie Hy is (Handelinge 9:1-19). Bid tot Jesus en roep uit tot Hom. Vra vir Jesus om jou die vermoë te gee om Hom allereers te soek, soos Hy in Matteus 6:25-33 beveel.



GEBED:



"Jesus, ek het U nodig. Ek kan nie sonder U lewe nie.U is nie net 'n idee, 'n lys van moets en moenies, 'n leerstelling, of 'n saak nie. Ek het U nodig en ek wil U hê! Ek wil U so goed ken dat ek U beter as enigiemand anders ken — my familie, my vriende, my beste vriend — selfs myself. Ek wil hê dat U nou hier, op hierdie oomblik, by my moet wees. Ek wil in staat wees om langs U te sit, tyd in u teenwoordigheid te kan deurbring en aan U die vrae te vra wat op my hart en gemoed lê. Ek wil in staat wees om na U toe te hardloop, my kop op u skouer te kan lê, my hart voor U uit te stort en dat U u arms om my kan plaas en waarhede met my deel — selfs die harde waarheid. Ek het u hulp, genade en barmhartigheid nodig. Ek kan nie die lewe alleen aanpak nie. Amen."



Bid vandag ter afsluiting deur Matteus 6:25-33. Môre sal ons 'n ander gebed aanbied wat jy elke dag kan bid, vir solank as wat jy gelei voel om dit te doen.

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, I Need You

Voel jy 'n dringende behoefte na Jesus? Hierdie leesplan strek oor twee dae en is ontwerp om jou tyd alleen saam met Hom te verryk en om jou te help om na Hom te roep. Dit dien ook as 'n gebed om saam met die Thistlebend...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid