Leesplan inligting

Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

DAG 6 VAN 6

Jy Behoort Aan ‘n Gemeenskap

Wie in jou lewe bou jou op, bemoedig jou, en daag jou uit om God daagliks getrou op te soek? Wie ken jou worstelinge en is daar vir jou in jou uur van nood, ongeag die tyd van die dag of nag?


God het jou nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie. Hy het jou geskep en omring jou met mede-volgelinge van Christus om jou op te bou, vir jou te bid en te dra wanneer jy nie meer kan aangaan nie. Indien jy nie sulke verhoudings in jou lewe het nie, mis jy iets!


Die Bybel vertel ons dat, wanneer twee of drie in sy Naam saam is, is God by hulle. Twee vaar beter as een: ons lees dit in die boek Prediker, indien die een val kan die ander hom ophelp. Dit kan vergelyk word met koord wat uit drie toue bestaan en styf as een geweef is om saam te werk. Dit breek ook nie maklik nie; ‘n groep gelowiges wat saamstaan, is sterk en verenig in hul geloof.


Indien jy nie aan ‘n soortgelyke gemeenskap behoort nie, dan wil ons jou uitnooi om by ons aanlyn gemeentediens in te skakel. Ons is hier vir jou! Skakel in by Church Online of rig ‘n gebedsversoek aan ons span. Ons wil jou aanmoedig op hierdie pad van herstel en genesing. Jy kan aan ons gemeenskap behoort!


Gebruik hierdie oomblik om God in gebed te nader: Vader, baie dankie dat U my geskape het om deel van ‘n gemeenskap te wees wat my liefhet en bemoedig. Ek besef dat ek nie alleen deur die lewe kan gaan nie. Help my om na ander uit te reik vir hulp en leiding. Ek glo dat U die regte mense na my sal stuur. Mense wat my sal help om elke dag nader aan U te groei. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Gaan Nou Oor Tot Die Daad


Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.


Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by Krisis Hulplyne


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help o...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid