Leesplan inligting

Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

DAG 4 VAN 6

Jou Lewe het 'n Doel


Is jy bekommerd oor die toekoms? Bring jy baie tyd deur om te wonder of dinge ooit beter sal word, of dat die lewe altyd so moeilik sal wees?


Selfs al lyk die lewe vaal of voel jy soos die grootste mislukking, God het nog steeds 'n wonderlike doel vir jou lewe.


Die Bybel leer ons dat God ons nie geskep het om slagoffers te wees of te sukkel nie, maar om goeie werke te doen en voorspoedig te wees. Dit beteken nie dat die lewe altyd maklik sal wees of dat alles volgens ons planne sal uitwerk nie; dit beteken wel dat selfs in die moeilike tye, God 'n hoër plan het en alles ten goede sal uitwerk. 


Jy mag dink: “Hoe kan God my ellende in iets goeds verander?” Miskien sal jy eendag iemand kan help om deur 'n soortgelyke situasie te kom as waardeur jy nou gaan. Miskien wil God jou leer om ten volle op Hom te vertrou op 'n manier wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie. Ongeag sy redes, kan jy rus in die wete dat God se planne altyd groter as joune is en indien jy Hom toelaat, sal Hy jou talente, passies en laste gebruik om die wêreld te verander. Jy is vir grootheid bestem!


Gebruik hierdie oomblik om tot God in gebed te nader: Vader, baie dankie dat U my met 'n Goddelike doel geskape het. Van die begin van alle tye het U geweet wat my roeping is en ek dank U dat selfs my moeilikste dae deel van U plan vir my is. Help my om u beloftes in die Skrif te onthou: U sal my deur hierdie tydperk van my lewe na iets groters bring. My toekoms is vol hoop. Ek vertrou U met my lewe, Vader, en bid dat U dit sal gebruik om iets buitengewoon vir U te bereik. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Gaan Nou Oor Tot Die Daad


Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.


Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by Krisis Hulplyne


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm

As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help o...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid