Leesplan inligting

Dapper KindersVoorbeeld

Courageous Kids

DAG 1 VAN 28






Jy kan nie in jou denke dapper wees nie. Jy kan nie waagmoedige gedagtes hê nie. Waagmoed vereis optrede. Dapperheid vereis die teenwoordigheid van risiko, teenstand, of vrees. Wanneer ons in God glo en hoe Hy wil hê ons moet leef, kan ons dapper wees deur waagmoed na dade te laat oorgaan. Selfs wanneer ander mense van ons verskil, word dapperheid daaraan geken deur die streep oor te steek om aan God se kant te lewe.



Moed is nie om te spog oor hoe taai en sterk jy is nie; dit gaan daaroor om gewillig te wees om op God se krag staat te maak. Om dapper te wees beteken nie jy is nie bang nie; dit is om standpunt in te neem in die aangesig van vrees. Moed is nie om die uitdaging teen jouself op te weeg en te glo jy kan dit ewenaar nie; dit is om die uitdaging teen God op te weeg en te glo dat Hy dit kan ewenaar.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Kids

Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Maar, kan 'n kind buitengewone moed uitleef in hulle doodgewone lewens? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos in van ...

More

We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.LifeKids.tv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid