Leesplan inligting

Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

DAG 2 VAN 10

Dag 2: Beplan Vooruit

Wyle Zig Ziglar het altyd gesê: "As jy na niks mik nie, sal jy dit elke keer tref." Ek het nog altyd van die aanhaling gehou, want dit is 'n goeie herinnering aan die belangrikheid van beplanning. Jy kan tevrede wees om voort te dryf deur die lewe met geen plan nie, maar jy sal uiteindelik nêrens heen gaan nie. Enigiets betekenisvol in die lewe vereis noukeurige nadenke voor die tyd.


Jesus het 'n soortgelyke verwysing gemaak toe Hy oor dissipelskap gepraat het in Lukas 14:28-30. Hy het gesê niemand wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en "die koste bereken" nie. As hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien met die bouer die spot begin dryf. Die fondament van sy gebou sal 'n monument vir sy onbevoegdheid word.


Wat Jesus oor dissipelskap beklemtoon het — om jou situasie te evalueer en vir die kostes te beplan — werk ook vir geld. Om vooruit te beplan is die kern van sukses. Vir persoonlike finansies beteken dit dat jy jou kontant moet vertel wat om elke maand te doen deur 'n nul-gebaseerde begroting op te stel.


Die opstel van 'n begroting behoort nie 'n rustige, toevallige nagedagte te wees nie. Jy moet jou geld laat weet wie die baas is. Jy moet met jou potlood, papier en sakrekenaar gaan sit en daardie Rande laat dans!


Vir 'n nul-gebaseerde begroting, neem al jou inkomste en ken dit toe aan 'n begrotingskategorie. Elke Rand moet 'n naam en 'n werk hê om te doen — en moenie spaargeld vergeet nie! Die doel is om jou inkomste minus jou uitgawes gelyk aan nul te maak. As jy oor of onder is, gaan terug en pas die wiskunde aan totdat jy daardie magiese getal tref: nul!


As gelowige is daar egter nog 'n deel van die begroting wat jy nie kan ignoreer nie. Die geld wat jy bestuur, is eintlik nie jou geld nie. Dis God se geld. Hy moet dus die finale sê hê oor wat waarheen gaan.


Salomo het gesê: "'n Mens beplan sy pad ...". Ons verstaan dit. Ons het almal hoop en drome, waardes en passies. Hy het egter ook gesê dat God die Een moet wees wat ons voetstappe rig. Dit beteken dat elke plan — en elke begroting — wat ons maak, deur Hom uitgeklaar moet word.


 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geld en besigheid. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se maniere te leer om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe...

More

We would like to thank Dave Ramsey for providing this devotional. For more information, please visit: www.DaveRamsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid