Leesplan inligting

Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

DAG 6 VAN 10

Dag 6: Geheim tot Sukses




Op die eerste dag van elke jaar maak mense voornemens oor hoe dinge hierdie keer anders gaan wees. Ongelukkig maak min van dié
voornemens dit ooit tot 7 Januarie.




Peilings deel ons byvoorbeeld voortdurend mee dat twee van die top voornemens behels om gewig te verloor en geld te bestuur. Elke jaar is die resultate egter die
teenoorgestelde van waarop ons gehoop het: Ons middellyf word groter, en ons netto waarde word kleiner!




Om eerlik te wees, voornemens is 'n grap! Ons weet die lewe sal beter wees sonder ekstra kilogramme en kredietkaarte, maar ons kan net nie nee sê nie. Hoekom kan ons nie
ons voornemens van 1 Januarie enduit voer nie? Want sonder tande is voornemens niks anders as wense wat ons aan onsself maak nie.




Ons kan dit tande gee deur dit met iemand anders te deel. Dit word aanspreeklikheid genoem, en dit is een van die kragtigste motiveerders vir verandering wat jy aan
kan dink. In Spreuke 15:22 daag Salomo sy lesers uit om aanspreeklikheid in hulle lewens in te bring. Hy het verstaan dat die ergste gebeurtenisse dikwels gebeur
wanneer ons alleen staan. Ons kan baie planne maak, maar die kanse op mislukking neem toe wanneer ons dit alleen probeer doen.




Aan die ander kant lei "baie raadgewers" (andersins bekend as aanspreeklikheidsvennote) tot sukses. Wanneer ons bereid is om die raad van ander te hoor en daarop ag te slaan,
kan ons 'n grondverskuiwing van toekomstige hoofpyn voorkom.




Dit beteken natuurlik nie dat ons iemand anders toelaat om ons lewens te bestuur of dat ons elke voorstel moet deurvoer nie. Maar dit beteken wel dat ons ander toelaat
om in ons lewens te spreek en — vir 'n oomblik, ten minste — die idee te oorweeg dat ons nie alles van elke situasie weet nie. Ons is ontvanklik.




Wie is sommige van die mense wat jy vertrou? Familielede, lewenslange vriende, pastore, mede-kerklidmate, leiers en medewerkers kan almal as raadgewers vir jou
geldvrae dien. Vind 'n paar betroubare persone en laat hulle jou help om jou finansiële doelwitte te bereik.




Moenie jouself oopstel vir mislukking nie. Aanspreeklikheid is Bybels ... en dit werk!




Dit kan moeilik wees om geld te hanteer, maar die goeie nuus is dat jy dit nie alleen hoef te doen nie. Een van die redes waarom ons
Financial Peace University

geskep het was om mense 'n veilige plek te gee om interaksie te hê en verhoudings te ontwikkel met 'n klein groepie mense wat daartoe verbind is om geld verstandig te bestuur terwyl hulle
hul finansiële doelwitte nastreef. Getroud of ongetroud, ons het almal iemand wat betroubaar is nodig in ons lewens om ons in toom te hou. Besoek

daveramsey.com/fpu
om meer te wete te kom.



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geld en besigheid. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se maniere te leer om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe...

More

We would like to thank Dave Ramsey for providing this devotional. For more information, please visit: www.DaveRamsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid