Leesplan inligting

My Tyd - Sy TydVoorbeeld

My Tyd - Sy Tyd

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Dis nie te laat nie

Prediker 3:10-11: “Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.”

Die teksvers is gelaai met waarhede: daar is dinge wat God wil hê ons moet doen en dit pas in ‘n tydlyn wat Hy bepaal. Dit is interessant dat die stelling gemaak word dat daar reeds aan die mens ‘n besef gegee is van die onbepaalde tyd – jou laaste dag, laaste asem, die regterkant van jou koppelteken. Die spreekwoord lui mos “jou strepie is getrek”.

Ek en jy dans daagliks met ons koppelteken en môre bly onbekend al beplan jy hóé deeglik en met sekerheid. My tyd … die hier en nou, is wat ek in my hand het. Moet tog nie toelaat dat omstandighede jou geskenk steel nie. Maak daardie moeilike oproep, gee die item weg wat iemand anders broodnodig het, sê vir jou geliefdes dat jy hul liefhet, herrangskik jou dagboek en fokus wanneer jy hierdie dinge doen. Die uurglas loop leeg.

Klim uit van onder die onsekerhede waarmee die vyand jou dreig, jy ís in staat om dit te doen omdat God se asem in jou geblaas is. Hou op om met jou mond te bely hoe nutteloos jy is of dat die lewe net te moeilik is. Ons kan nie nog tyd dáárop ook mors nie, dit is ‘n belediging vir God.

Jy maak saak! Jou koppelteken gaan bevestiging wees van hóéveel tydens daardie laaste byeenkoms gesê word — waarvoor ons nog nie ‘n uitnodiging ontvang het nie.

Gebed: Hemelse Vader, in hierdie oomblik vra ek U omvattende genade wat my reeds vooruit is, om my attent te maak op dít waarmee ek moet besig wees en hóé ek dit moet doen.

Dalk is dit tyd dat jy hierdie leesplan met iemand deel voordat dit te laat is.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd - Sy Tyd

So dikwels gebruik ons die term “God se tyd is nie ons tyd nie” of “my tyd is in sy hande”. Ons verwys selfs na wat in die Woord staan; dat eenduisend dae vir God soos een dag is. Hierdie leesplan werp ‘n ander lig op di...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid