Leesplan inligting

My Tyd - Sy TydVoorbeeld

My Tyd - Sy Tyd

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Miljoene dampe

Jakobus 4:13-14: “Kom nou, julle wat sê: 'Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.' Julle wat nie eens weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.”

Hierdie teksvers is nie baie bemoedigend nie en laat my selfs benoud voel. Tog is dit die waarheid. Ons bereken ons lewens vooruit, elke week toegedraai in tydelike geskenkpapier. Ek wonder oor my koppelteken: 28/09/1971 - ? Ek is hard besig om daarmee arm te druk terwyl God toekyk. Ek hoop Hy glimlag omdat ek nie meer ‘n dreigement is nie, maar soms ander mense op ‘n mooi manier dreig met hulle tyd!

Dink aan die word "damp". Die HAT verklarende woordeboek verduidelik dit as volg: wasem, verbrandingsproduk, ‘n luglaag. Sjoe … hoe vinnig verdwyn ‘n damp soos waarvan Jakobus skryf – dalk binne twee sekondes? Sy tyd … ‘n dampie asem vanuit God se mond wat volgens die hemelse horlosie ‘n impak moet maak.

My damp uit sy mond is tog lewe, uitwaarts geblaas. Selfs al verdwyn ek, moet daar êrens iets wees wat uit daardie twee-sekonde lewenstydperk gegroei het. Dít is my koppelteken, my impak en kenteken; dít is wat hopelik in ‘n seremonie genoem sal word wanneer ek en koppelteken klaar arm gedruk het.

Wat ‘n voorreg om tóg te kan verskyn voor ek verdwyn! Dink net aan die wêreldwye, lewegewende asems, miljoene mense wat God se Naam verheerlik en hul gawes gebruik soos dit oorspronklik die voorneme was.

Gebed: Hemelse Vader, soms dink ek aan al my gisters en dan loop my kop weer vooruit. Ek wil vandag beleef soos U dit vir my inruim.

Dis tyd om jou wasem sigbaar te maak in die tydkapsule wat God aan jou gee.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd - Sy Tyd

So dikwels gebruik ons die term “God se tyd is nie ons tyd nie” of “my tyd is in sy hande”. Ons verwys selfs na wat in die Woord staan; dat eenduisend dae vir God soos een dag is. Hierdie leesplan werp ‘n ander lig op di...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid