Leesplan inligting

Tydige DankbaarheidVoorbeeld

Tydige Dankbaarheid

DAG 2 VAN 5

Het jy geweet?

“Ek wil die Here heeltyd prys; ek sal Hom dag en nag met lofliedere loof. Ek sal liedere oor die Here sing om Hom te eer" (Psalm 34:2-3 DB).

Die woord dankbaarheid kom 76 keer in die Bybel voor. Jy kan dus meer as een keer per week iets kry om dankbaar voor te wees. "Moenie bang wees nie!" kom 366 keer in die Bybel voor — dus selfs ‘n ekstra keer vir ‘n skrikkeljaar! Soms kan 'n mens voel dat hierdie aanduidings maar net oulik of bloot toevallig is, maar God praat altyd die waarheid. Dit is in sý Woord geskryf vir ‘n rede.

Die heel beste wat kan gebeur wanneer jy dankbaarheid betoon, veral gedurende uitdagende tye, is dat die vyand dit ook hoor en sien wat jy doen. Prys die Here vir sy grootheid, ‘n nuwe dag en vir wat Hy reeds beplan. Sodoende word jou spasie gevul met God se teenwoordigheid en die vyand kan dit nie verdra nie.

Jou woorde se inhoud dra gewig en het groot waarde. Laat dit los in geloof tot God se eer!

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U vir my geestelike gereedskap gee om elke dag opnuut in my dag in te weef en te gebruik. Ek wil nie een sekonde van ‘n dag sonder u teenwoordigheid leef nie.

‘n Goeie opkikker is om elke oggend geestelike musiek te luister terwyl jy vir jou dag voorberei. Jou ore hoor dit en die woorde gaan lê in jou gees soos nuwe asem. Jy sal vind dat jy heel anders voel wanneer jou dag begin. Ons moet eienaarskap neem van dít wat God in ons hande sit om ons te versterk. Dit is ‘n daaglikse geskenk aan jouself.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tydige Dankbaarheid

Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer met negatiewe gesprekke, ontstellende nuusberigte, persoonlike uitdagings en vele ander situasies. Realiteite kan jou opslurp in ‘n maalkolk van negatiwiteit en depressi...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid