Leesplan inligting

Tydige DankbaarheidVoorbeeld

Tydige Dankbaarheid

DAG 1 VAN 5

Dankbaarheid gee krag

“Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het. Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na sy stem" (1 Tessalonisense 5:18-19 DB).

Wanneer jy jouself op ‘n plek van moedeloosheid bevind, is dit baie moeilik om skielik as 't ware te dans en sing omdat die Bybel so sê. Dit klink effens kras maar elke persoon op aarde beland in so 'n situasie juis wanneer die werklikheid nie so goed lyk nie.

Wat God van ons vra is om aan te hou stap op ons lewenspad en fyn ingestel te wees vir die Gees om ons te lei. Ons gebede word gehoor en in ‘n hemelse bak opgevang, al voel dit jy bid teen die plafon vas. Dink vir ‘n oomblik na: daar moet iewers in jou verlede dinge en gebeurtenisse wees waarvoor jy dankbaar was en steeds kan wees soos byvoorbeeld die geboorte van jou kind, die dak oor jou kop of die verhoging wat jy by die werk gekry het.

Dit is nou wel baie eenvoudige voorbeelde, maar dit bly waar! Ons kan kiés om diep asem te haal en een voet voor die ander te sit juis omdat God reeds die dag van môre in sy hand hou. Dít is ook iets waarvoor jy dankbaar kan wees. Doen moeite om stil te raak. Ruim doelbewus tyd in daarvoor sodat jy die Gees se fluistering kan hoor.

Gebed: Here, U weet wat alles deur my gedagtes dwaal en dat ek sukkel om op dankbaarheid te fokus. Heilige Gees, kom fluister in my ore en blaas nuwe asem in my gees in.

Soek elke dag doelbewus vir iets om voor dankbaar te wees — selfs al is dit net vir ‘n smaaklike stukkie koek wat jy kan eet. Skryf 'n nota daaroor op 'n klein papiertjie en sit dit in ‘n boksie. Lees al die notas na 'n week of 'n maand. Jy sal verbaas wees hoeveel notas jy wel kán neerskryf!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tydige Dankbaarheid

Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer met negatiewe gesprekke, ontstellende nuusberigte, persoonlike uitdagings en vele ander situasies. Realiteite kan jou opslurp in ‘n maalkolk van negatiwiteit en depressi...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid