Leesplan inligting

Almal wil wen, maar niemand wil wag nieVoorbeeld

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

DAG 1 VAN 5

Die gawe van geduld


Wag is nie 'n vloek nie. Dit is 'n seën. Geduld is 'n geskenk van God.


Wanneer jy geduldig op die Here wag, verkry jy toegang tot sy oor. God hoor die gebede van dié wat geduldig vir Hom wag. Wanneer jy op die Here wag, sal Hy tot jou redding kom. Hy sal jou na veiligheid bring. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal jou aanbidding na 'n heel nuwe vlak toe beweeg. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal mense sien wat Hy vir jou gedoen het.


Jou wagtyd sal 'n getuienis word, en almal wat jou verlossing sien, sal die Here vrees en vertrou. Wanneer jy geduldig op die Here wag, sal jy geseën word en jou hart sal versterk word. Wanneer jy geduldig wag, wys jy vir God dat jy Hom met jou hele lewe vertrou en Hy beloon sulke geloof op groot maniere.


Laat ek jou uitdaag. As jy dieper delf in die seëninge wat dit bring om geduldig op die Here te wag, wil ek hê dat jy jou hart moet voorberei om te begin wag en te weet dat God vir jou gaan sorg. Maak gereed om te verstaan wat dit regtig beteken om God te vertrou met jou "wanneer".


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Everybody Wants To Win But Nobody Wants To Wait

Deur hierdie omvattende, daaglikse leesstukke, leer jy hoe om in alle aspekte van die lewe, van genesing tot verhoudinge, op God se tydsberekening te wag. Ontdek hoe om die beste van die wagtyd te maak en volgens God se ...

More

Baie dankie aan Marcus Gill & Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://waittowin.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid