Leesplan inligting

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.Voorbeeld

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

DAG 5 VAN 7

Leiding van die Heilige Gees en die lees van die Bybel

Die dissipline om die Bybel te lees en genoeg tyd te maak om dit te lees, kan soms ‘n uitdaging wees. Ons het altyd soveel dinge om te doen dat ons sukkel om tyd te kry om dit óók nog in te pas by al die ander dinge wat gedoen moet word. Die twee verkeerde woorde in die vorige sin is "inpas" en "ook". Die beginsel is verkeerd. God kan nie ingepas word nie.

Mense sukkel om leiding te kry en ken nie die wil van God nie omdat hulle nie die Woord ken nie. God het sy wil baie duidelik gemaak in die Skrif, maar ons sukkel omdat ons nie die Skrif ken nie, en ook nie die krag van God nie. "Maar Jesus antwoord hulle: 'Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie'" (Matteus 22:29).

Sonder die Heilige Gees is daar geen leiding nie. En die Heilige Gees lei in ooreenstemming met die Skrif. Die leiding van die Heilige Gees is altyd in lyn met die Woord van God. As Christene moet ons leer om na die influisteringe van die Heilige Gees te luister — en dit gebeur dikwels wanneer ons die Bybel lees — omdat die Heilige Gees die outeur van die Bybel is.

Miskien is die grootste rede waarom ons sukkel om God se leiding te vind, ons gebrek aan neutraliteit. Te dikwels bid ons vir leiding, maar ons het reeds besluit wat die "beste" sal wees. So dikwels is daar soveel van die self, ons persoonlike voorkeure en ambisies, dat ons bid en niks kan hoor nie omdat ons nie neutraal is oor die saak nie.

Gehoorsaamheid: Bid deur die volgende verse en vra die Heilige Gees hoe om dit in jou lewe toe te pas.

"Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig" (Johannes 16:13).

"U woord is 'n lamp vir my voete en 'n lig op my pad" (Psalm 119:105 NLV).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loo...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid