Leesplan inligting

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.Voorbeeld

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

DAG 3 VAN 7

Stilte en afsondering ("silence and solitude")

Ons leef in 'n wêreld vol “geraas” – radio-uitsendings, TV, advertensies, tydskrifte. Alles maak aanspraak op ons — beloof ‘n beter lewe, stem vir daardie party, beveg hierdie saak, pasop vir daardie gevaarlike persoon. Hierdie “geraas” of “stemme”, kan dit maklik regkry om God se stem uit te doof indien ons nie die nodige stappe neem om sy stem te hoor nie.

Ons moet tye beplan en plekke soek waar ons "die deur kan toemaak" en alleen met God kan wees, net op Hom kan fokus en besin oor die ewige werklikhede van die evangelie. Ons het tye nodig wanneer ons op God kan fokus, tot by die punt dat ons nie meer die wêreld se stemme, beelde en beloftes kan hoor nie. Ons moet besin oor wat ons doen, waarmee ons onsself besig hou, wat ons tyd in beslag neem en ons gedrag bepaal. Dit is in hierdie tye wat ons besin oor die dinge waaroor ons praat, dink en ons harte van vol is.

God het sy manier van dinge doen. In tye van stilte en afsondering, maak ons tyd om te herfokus. Aangesien die druk van die wêreld so sterk is, sal ons tye moet skeduleer om alleen te wees met God. Dit kan vir 'n paar uur per week wees, soms 'n dag of twee.

Gehoorsaamheid: Lees die volgende twee Skrifgedeeltes ‘n paar keer en vra jouself af: Hoe gaan ek dit in my eie lewe implementeer, en wanneer gaan ek begin?

"Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, HERE, my rots en my Verlosser" (Psalm 19:15 AFR20).

"Maar Jesus het Hom gereeld in 'n verlate plek afgesonder om te bid (Lukas 5:16 NLV).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.

Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loo...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid