Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 5 VAN 8

Verwerping (2)

Verwerping begin met ons reaksie op negatiewe dinge wat met ons gebeur. Verwerping lei tot verhoogde minderwaardigheid, skuldgevoelens of ‘n gevoel van skande ("shame"), sosiale onttrekking en pogings om te probeer om "onsigbaar" te wees. Maar soms lei dit tot rebellie en aggressiewe gedrag.

Jesus het die uiterste vorm van verwerping beleef. Gedurende sy lewe op aarde is Hy verwerp. Die kruis was 'n teken van die wêreld se verwerping van Jesus. God, sy Vader, het Hom ook, ter wille van ons, verwerp. Hy het die verwerping van ons almal aan die kruis gedra. Hy het al ons pyn en emosie van verwerping op Homself geneem. As gevolg van Jesus se lewe en verwerping kan ons nou ons gevoelens van verwerping na Hom toe bring, wetende dat Hy ons nie sal verwerp nie — ook nie God ons Vader nie.

Wat is die kern vir verwerping? Jy kan niks verander aan ander mense se gedrag teenoor jou nie. Maar jy kan kan kies hoe jy daaroor gaan dink en voel. Verandering begin wanneer jy jou gevoelens van verwerping herken, erken en weier om jou lewe langer daardeur te laat bepaal.

Die tweede stap is om mense wat jou verwerp het, te vergewe.

Derdens sal jy moet verstaan hoe God na jou kyk. God het jou gemaak, en Hy het jou lief. God het jou nie lief as gevolg van jou prestasie of die gebrek daaraan nie, jou belangrike posisie of wat ander mense van jou dink nie. Jy is vir Hom spesiaal omdat Hy jou geskep het om jou lief te hê en 'n verhouding met jou te hê. Wat God van jou dink, is oneindig belangriker as wat mense van jou mag dink. Die eerste stap is altyd 'n besluit om verwerping te verwerp. Vra die Heilige Gees om jou te help en te lei.

Kom na Hom toe, die lewende Steen — wat verwerp is deur mense, maar deur God uitverkies is en vir God kosbaar is.

Boek om te lees: "God’s remedy for rejection" — Derek Prince

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid