Leesplan inligting

Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

DAG 4 VAN 8

Verwerping (1)

"As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses" (Psalm 34:18-19a)

"... Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes" (Jesaja 57:15).

Verwerping vernietig baie mense se lewens, bepaal hoe hulle dink en beïnvloed hul gedrag. Verwerping het baie oorsake. Vir baie begin dit as gevolg van verwerping deur hulle ouers, 'n ongewenste swangerskap (terwyl hulle in die baarmoeder was), ouers wat nie fisiek of emosioneel vir hul kinders omgegee nie, geen fisieke uitdrukking van liefde of woorde van aanmoediging ontvang het nie, of waar die een broer of suster bo die ander bevoordeel is. Daar is egter baie ander oorsake ook: armoede, om 'n "middel kind" onder jou broers en susters te wees, konstante mislukking, 'n fisieke gebrek, om van 'n ander ras te wees, of as kind op skool geboelie is.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vyf Negatiewe en Skadelike Emosies

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebe...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid