Leesplan inligting

Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 6 VAN 8

Die Kruisiging (Goeie Vrydag)

Die belangrikste dag ooit! Die dag waarop die Seun van God Homself gegee het as ‘n offer en losprys vir ons sonde. Hy het in ons plek gesterf. Die prys van sonde word betaal. Dit is ironies dat die dag 'Goeie Vrydag' genoem word want dit was alles behalwe goed vir Jesus. Dit word Goeie Vrydag genoem omdat dit vir ons goeie nuus inhou!

Hier is die volgorde van gebeure op Goeie Vrydag:
  1. Judas verraai Jesus. Jesus word gearresteer (moontlik middernag of in die vroeë oggendure): Matteus27:62-66
  2. Jesus verskyn voor Annas, die hoëpriester, informele verhoor vind plaas: Matteus 26:57, 59-68, Markus 14:53, 55-65, Lukas 22:63-71
  3. Petrus verloën Jesus en die haan kraai: Matteus 26:58, 69-75, Markus 14:54, 66-74, Lukas 22:54-62, Johannes 18:15-18, 25-27
  4. Joodse Raad veroordeel Jesus: Matteus 27:1-2, Markus 15:1
  5. Judas pleeg selfmoord: Matteus 27:3-10
  6. Jesus verskyn voor Pilatus, Pilatus stuur Hom na Herodus: Matteus 27:11-14, Markus 15:2-5, Lukas 23:1-7, Johannes 18:28-38
  7. Jesus verskyn voor Herodus, Herodus stuur Hom terug na Pilatus toe: Lukas 23:8-12
  8. Pilatus veroordeel Jesus (Johannes 19:1 geslaan/gegesel): Matteus 27:15-26,
  9. Markus 15:6-15, Lukas 23:13-25, Johannes 18:38-19:16
  10. Jesus word gespot en weggelei na Golgota: Matteus 27:27-34, Markus 15:16-23, Lukas 23:26-49, Johannes 19:17
  11. Jesus word gekruisig tussen twee kriminele: Matteus 27:35-44, Markus 15:24-32 Lukas 23:33-43, Johannes 19:18-27
  12. Jesus sterf: Matteus 27:45-56, Markus 15:33-41, Lukas 23:44-49, Johannes 19:28-37
  13. Josef van Arimatea begrawe Jesus in ‘n nuwe graf: Matteus 27:51-61, Markus 15:42-47, Lukas 23:50-56, Johannes 19:38-42

Jesus word geslaan, gegesel, gekruisig en Hy sterf — Hy beleef die uiterste moontlike liggaamlike pyn. Jesus word teleurgestel, verwerp, alleen gelaat en verloën. Daar is nog baie ander aspekte wat ons wys hoe Jesus ook emosionele pyn beleef het. Jesus was onregverdig behandel. Sy verhoor, wat tot sy doodstraf gelei het, was uiters onregverdig.

Die punt in Hebreërs 4:15-16 en die duidelike bewyse daarvan in die evangelies, is dat Jesus met elkeen van ons in ons diepste pyn en lyding simpatie het. Hy kan meegevoel en troos vir ons bied want Hy het die ergste wat ons kan beleef self beleef en nog erger verduur om so die prys vir ons redding te betaal. Waardeur jy ook al mag gaan, weet dit: Jesus wil jou troos, Hy kan jou troos want Hy het dit self beleef. Jesus het uiteindelik die prys daarvoor betaal. Wat dit ook al mag wees wat ons beleef, ons sal daarvan verlos word wanneer Jesus weer kom.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die g...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid