Leesplan inligting

Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 5 VAN 8

Paasfees (Donderdag, een dag voor die kruisiging)

In teenstelling met Woensdag - die stil dag - is Donderdag, die dag voor die kruisiging van Jesus, vol baie belangrike gebeurtenisse. Hier volg ‘n kort opsomming:

Jesus berei die Paasmaal voor: Matteus 26:17-19, Markus 14:12-16, Lukas 22:7-13

Die Paasmaal: Matteus 26:20-29, Markus 14:17-23, Lukas 22:14-15

Jesus was die dissipels se voete: Johannes 13:2-3

Jesus en die dissipels by die Olyfberg: Matteus 26:31-35, Markus 14:27-31, Lukas 22:31-34

Jesus voorspel dat Petrus Hom sal verloën: Matteus 26:31-35, Markus 14:27-31,

Lukas 22:31-34

Jesus is in die tuin van Getsemane: Matteus 26:36-46, Markus 14:32-42 en Lukas 22:40-46

Jesus word gearresteer: Matteus 26:47-56, Johannes 13:27-30

Uit al die baie gebeure op hierdie dag is dit moeilik om te bepaal watter gebeurtenis die mees geskikte is vir ‘n oordenking. Dit blyk egter dat die Paasmaal en wat daarmee saamgaan (die feit dat Jesus Homself as die werklike Paaslam voorstel en ook die nagmaal instel) ‘n gebeurtenis is waarop Jesus ons aandag wil vestig.

Die Paasmaal soos dit deur Jesus se Joodse dissipels gevolg word op hierdie stadium, sou bestaan uit verskeie elemente. Elkeen van hierdie elemente het ‘n simboliese verbintenis met die eerste Paasmaal wat in gestel is met die uittog uit Egipte (Eksodus 12-13).

Die belangrikste van hierdie elemente is:

  1. Jesus is die ware Paaslam. Offers in die Ou Testament het die sonde van ‘n volk vir 'n jaar bedek. Jesus, die ware Lam van God, was die sonde van die mensdom weg!
  2. Die vier bekers wat teenwoordig sou wees, verteenwoordig vir Israel redding, bevryding, herstel en vervulling. Jesus is ons volkome redding, bevryding, herstel en vervulling!
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die g...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid