Leesplan inligting

Hoe om die media se invloed te hanteerVoorbeeld

Handling Media Influences

DAG 1 VAN 21

Vandag se oordenking bepaal die tema vir hierdie leesplan. Die media het mense al van die begin af beïnvloed, nie net in die tegnologiese era nie. Die beelde wat ons sien, die musiek waarna ons luister en al die ander soorte media verander ons harte en denke, wat dan daartoe lei dat ons gedrag en optrede ook verander. Hierdie leesplan is nie 'n stel streng reëls en regulasies om te volg of wat grense stel nie. Dit sal dan net nóg morele waardes wees wat kinders later in die lewe gaan verwerp. Die doel van hierdie leesplan is om ons harte en gedagtes te herstel om weer op 'n verhouding met Christus te kan fokus.



Vertel kinders wie hulle is. Wys vir hulle hoekom verhoudinge bestaan. Daag hulle uit om die meeste van tegnologie en die media te maak, met die doel om ander aan God voor te stel, sy liefde te deel en uiteindelik ons almal nader aan Hom te bring. Die Skrifgedeeltes wat ons gaan lees het te doen met hoe en hoekom — nie moet en moenie nie. As ons ons kinders lei om 'n opbouende verhouding met God te hê, sal Hy met elkeen praat oor hoe hulle die media gebruik of hulle blootstel aan hoe die media hulle gebruik. Lees die Skrifgedeeltes en bespreek die volgende vrae:



Wat beteken dit om dinge van die wêreld te begeer?

Watter tipe goed moet ons nastreef?

Aan watter idees kan jy dink hoe ons as gesin ons begeertes na die wêreld kan verander om die wil van God te doen?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Handling Media Influences

Alles wat ons sien en hoor beïnvloed ons harte en gedagtes en vorm ons gesindhede en optrede. Het die Bybel regtig iets te sê oor sosiale media, wat nie eens in daardie tyd bestaan het nie? Ja! Hierdie leesplan gaan ons ...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid