Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die DoopVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

DAG 7 VAN 7

Vrae oor die doop

Die doop van gelowiges: Die enigste duidelike beskrywing van die doop in die Nuwe Testament is die doop van gelowiges. (Persone wat vrae het oor ander vorme van doop as die doop van gelowiges, moet dit met hulle kerkleiers en denominasie uitklaar. Daar is verskillende sienings oor die doop en ons moet vir mekaar ruimte maak daarvoor.)

Wie kan nuwe bekeerlinge doop? Daar is geen voorskrifte in die Bybel oor hierdie vraag nie. In tradisionele kerke doen predikante of pastore dit gewoonlik. Daar is egter geen Nuwe-Testamentiese beperkings ten opsigte van wie 'n nuwe bekeerling mag doop of nie. Dit is vanselfsprekend dat die persoon wat iemand doop, 'n Christen moet wees. In beginsel is dit nie nodig dat die doop slegs deur ‘n amptelik geordende geestelike leier bedien moet word nie.

Moet alle gelowiges gedoop word? Ja. Matteus 28:19 is duidelik hieroor.

Moet ek met water gedoop word om gedoop en vervul te word met die Heilige Gees? Nee. Daar is geen Skriftuurlike bewyse dat 'n mens gedoop moet word om met die Heilige Gees vervul te word nie.

Waarom is Jesus gedoop? Met sy doop het Jesus Homself vereenselwig met sy aardse taak: die verkondiging van die koninkryk van God en die kruis. Op daardie stadium het Hy reeds sy kruis opgeneem — dit was die begin van sy reis na die kruis. Hy het sonde vir ons geword (2 Korintiërs 5:21) deur vervloek te word vir ons (Galasiërs 3:13). Hy identifiseer Homself met diegene wat onder God se oordeel staan. Hy is gedoop asof hy 'n sondaar is wat verlossing nodig het.

Reflekteer oor die doop: Wat het jy hierdie week oor die doop geleer? Tot watter nuwe insigte het jy gekom? Hoe sou jy in ‘n paar sinne vir iemand die wese van die doop beskryf?

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese By...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid