Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die DoopVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

DAG 6 VAN 7

Die doop is ‘n openbare verklaring dat alle bande met die verlede verbreek word

Die doop is 'n openbare verklaring dat ons alle bande met ons vorige lewens verbreek. Ons draai weg van alle aanbidding en dien van ander gode en enige leefstyl van sonde en rebellie teen God.

Met die doop verkondig ons die boodskap van die evangelie: Ek het saam met Christus gesterf, en ek is uit die dood opgewek. Dit is 'n geloofsverklaring.

Dit beteken nie dat ons ons familie en vriende verwerp nie. Deur gedoop te word, verklaar ons egter dat Jesus die Here van ons lewens is. Ons onderwerp ons aan Hom en Hom alleen. Ons sê dat ons Hom in alles sal gehoorsaam. Ander verhoudings is belangrik, maar kan Jesus nooit vervang as die laaste en finale gesag in ons lewens nie.

Die doop het gewoonlik 'n enorme uitwerking wanneer iemand uit 'n ander godsdiens kom en Jesus Christus as Here en Verlosser aanneem. In die Romeinse Ryk, waar ander gode en die keiser as 'n god aanbid is, het dit tot baie weerstand, verwerping en vervolging gelei. Dieselfde geld vandag nog. Wanneer iemand gedoop is in die era van die Nuwe Testamentiese kerk, het hulle onherroeplik gesê: "Van nou af identifiseer ek nie met enige ander god(e) nie. Jesus is die Here. Voor Hom alleen sal ek my knie buig."

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese By...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid