Leesplan inligting

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Voorbeeld

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAG 6 VAN 7




Hoop vir Opstanding

Wanneer mense Jesus skade aandoen neem Hy nie wraak nie. In plaas daarvan het Hy lief en vergewe. Selfs wanneer soldate Hom verneder en doodmaak het Jesus medelye met hulle: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Lukas 23:34). Kan jy jouself voorstel om jou teenstanders lief te hê en vir hulle te bid, selfs al maak hulle jou seer en dan dood?

Hoe kan Jesus so swak wees wanneer Hy veronderstel is om magtig te wees? Meer nog; hoe kan Hy ons vra om so kwesbaar soos Hy te wees? Sou ons nie soos Hy verneder of selfs doodgemaak word nie?

Jesus glo dat die dood deel van Sy menslike verhaal is – nie die einde van Sy menslike lewe nie. Hy vertrou God om Sy lewe te bewaar en te herstel; selfs deur lyding en dood. Drie dae na Sy begrafnis word Jesus tot nuwe lewe herstel. Opstanding!

Jesus belowe dat ons, as sy broers en susters, uiteindelik Sy opstanding sal ervaar. Brutaal en donker soos dit ook al is oorwin die dood nie die goedheid en lig van die lewe wat God skep nie.

So, ons vrees nie meer die dood nie. Ons hou op om hulpbronne op te gaar en begin mildelik deel. Ons gee om vir en bid vir ons teenstanders eerder as om wraak te neem. Ons vertrou die krag van God se geduldige liefde en leer om vreedsaam met mekaar saam te lewe.

Ons hoop is nie gefokus op maniere waarop ons die dood kan voorkom nie. In plaas daarvan omhels ons die dood wat almal, insluitend Jesus, moet beleef. En ons doen dit met lewende hoop in die opgestane, lewende Christus Jesus—ons vriend.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopv...

More

Agradecemos ao BibleProject por fornecer esse plano. Para mais informações, visite: www.bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid