Leesplan inligting

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Voorbeeld

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAG 5 VAN 7




Hoop vir Leiding en Hernuwing

Baie van ons hoop om beter mense te word soos ons deur die lewe reis, maar ons sit dikwels vas en wonder of ons iewers kom. Ons wil dalk beter wees om geduld aan ander te betoon, maar ons raak ook uitgeput van die daaglikse werk, en dan geïrriteerd, en dan ongeduldig. Ons vergeet Jesus se weë en voel dikwels dat ons in 'n strik vasgevang is. En tog nooi die Heilige Gees ons aktief uit om elke oomblik meer soos Jesus te wees. Ons hoop is om te leer hoe om die Gees se stem te hoor.

Wanneer 'n vriend kwesbaar voor ons huil en ons voel innige deernis, is dit die Heilige Gees wat ons herinner om deernis te hê soos Jesus. Ons kan daardie deernis omhels of dit ignoreer.

Wanneer ons 'n begeerte voel om goedhartigheid te bied aan iemand met wie ons nie saamstem nie herinner die Heilige Gees ons om ons naaste lief te hê net soos Jesus. Wanneer ons ons huise oopmaak om iemand te help om weer op hul voete te kom, kweek die Heilige Gees 'n houding van vrygewigheid, net soos Jesus s'n, in ons. Al die Gees se werk wys ons na Jesus-agtige maniere van lewe.

Wanneer ons vergeet of versuim om ander lief te hê wek die Heilige Gees 'n nuwe belangstelling in Jesus, wat ons dan herinner om terug te keer na Sy lewenswyse. Op hierdie manier is ons nooit alleen nie - die Gees is altyd aan die praat en trek ons altyd na Jesus se eie lewe. Deur dit te weet kan ons diepe hoop ervaar. Deur sy Gees is Jesus altyd by ons, Hy lei voortdurend, voortdurend besig om ons te vorm in mense wat soos Hy leef.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopv...

More

Agradecemos ao BibleProject por fornecer esse plano. Para mais informações, visite: www.bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid