Leesplan inligting

Jesus, ek het U nodig!Voorbeeld

Jesus, I Need You! Prayer

DAG 3 VAN 3

Vandag se Gebed


Here Jesus, ek dank U met my hele hart. Ek dank U vir u standvastige liefde en trou. In God die Vader se oneindige genade het Hy my die gawe van geloof in u offerdood, begrafnis en opstanding gegee. Ek dank Hom vir sy genade om U te ken en u liefde te ontvang. Dankie dat U gewillig u lewe afgelê het, my sonde gedra en die straf wat ek verdien, gely het sodat ek die ewige lewe kan kry. Ek wil my lewe vir U leef. Ek wil u Naam en u Woord bo alles verhef. U alleen is my lof waardig. Ek wil U koester, my in U verlustig, U waardeer, U vereer, tevrede wees met U en U alleen verheerlik.


Here Jesus, U is myne en ek behoort aan U. Dit maak nie saak of ek slaag of misluk, wen of verloor, ryk of arm is, ingesluit of uitgesluit is, bekend of onbekend is, moedig of moedeloos is nie — mag ek my hoop, tevredenheid en doel in U vind. Mag my hoofdoel wees om U lief te hê, U te verheerlik en U te geniet. Here Jesus, skenk my u genade om aan U vas te hou.


OP DIE OOMBLIK …


wanneer bekommernis begin,


wanneer vrees toeslaan,


wanneer woede sy lelike kop uitsteek,


wanneer skande kom klop,


of wanneer hartseer my hart deurboor.


WIL EK NIE …


my bekommernisse vertroetel nie,


my vrees omhels nie,


my woede koester nie,


in skande ineenkrimp nie,


of deur my hartseer verteer word nie.


HELP MY OM NEDERIG TE WEES ...


onder u magtige en liefdevolle hand,


om al my bekommernisse op U te werp,


in die wete dat U my liefhet en vir my omgee.


Here Jesus, ek wil al my vertroue in U plaas. U Woord belowe wat ons ook al in u Naam en binne u wil vra, sal U doen. Ek glo dat U my gebede verhoor (Johannes 14:13-14). Wanneer ek tot U om hulp roep, hoor U my gebed. U is my helper en my verlosser. Ek sal geduldig vir U wag. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Baie geluk! Jy het Jesus, ek het U nodig (Gebed) voltooi. As jy jou verhouding met Jesus verder wil nastreef, besoek ons hulpbronbladsy vir 'n vollengte dissipelskapstudie Jesus, ek het U nodig. Daar is YouVersion-leesplanne onder dieselfde titel: Jesus, I Need You: Part One, Two, ens.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, I Need You! Prayer

Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ...

More

Ons wil graag vir Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid