Leesplan inligting

Jesus, ek het U nodig!Voorbeeld

Jesus, I Need You! Prayer

DAG 1 VAN 3

Deesdae kan ons so vol van onsself wees, sonder dat ons dit eens besef, maar wat ons broodnodig het, is om met Christus vervul te word. Dit is selfs dikwels moeilik om die verskille tussen ons weë en sy weë te onderskei, dit maak nie saak in watter soort huis ons grootgeword het nie, Christelik of nie-Christelik; as gevolg van ons inwonende sonde, het ons gewoontes, gedrag en denkpatrone aangeleer, en redeneer ons soms vanuit baie ander bronne as Jesus Christus, sonder om dit eens te besef.


Dit was Paulus se doel: "want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins" (Filippense 1:21). Paulus het nie altyd vir Christus gelewe nie. Dit was eers na Jesus Hom op die pad na Damaskus gekonfronteer en van sy sonde oortuig het dat hy uit genade vir Jesus kon sien vir wie Hy is (Handelinge 9:1-19). Vra vir Jesus om Hom jou ALLES in alles te maak! Roep uit na Hom en vra Hom om jou die vermoë te gee om Hom eerste te soek soos Hy ons in Matteus 6:25-33 opdrag gegee het.


"Jesus, ek het U nodig. Ek kan nie sonder U lewe nie."


"Jesus, U is nie net 'n idee, 'n lys van moets en moenies, 'n leerstelling of 'n saak nie. Ek het U nodig en ek wil U hê! Ek wil U so goed leer ken dat ek U beter as enigiemand — my gesin, my vriende, of my beste vriende ken — selfs beter as ek self. Ek wil hê U moet op die oomblik net hier by my wees. Ek smag om langs U te sit, tyd in u teenwoordigheid deur te bring en om vrae wat my denke en my hart oorstroom vir U te vra. Ek wil na U toe hardloop, my kop op U skouer lê, my hart by U uitstort, sodat U u arms om my kan sit en aan my die waarheid kan vertel — selfs die harde waarheid. Ek het u hulp, u genade, en u barmhartigheid nodig. Ek kan nie alleen lewe nie."


Vir vandag se leesstuk kan jy afsluit deur Matteus 6:25-33 biddende te lees. Môre en die dag daarna sal jy elke dag bid solank as wat jy gelei word. Alle heerlikheid aan God!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, I Need You! Prayer

Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ...

More

Ons wil graag vir Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid