Leesplan inligting

'n Paasfees en KersgebeureVoorbeeld

An Easter Nativity

DAG 1 VAN 3

Ek was daar,
waarskynlik oor die 30 jaar gelede;
dit was 'n aand wat jy nie maklik vergeet nie.


Bo-op die heuwel in die nag, terwyl ons skape oppas, was dit ewe skielik so helder soos daglig. Ons was omring deur 'n engelekoor wat "eer aan God in die hoogste hemele" sing en vir ons vertel om na die dorp toe te gaan.


Ek weet nie wat ek verwag het nie, maar dit was nie 'n baba by 'n ma van omtrent my ouderdom nie.
Dit was moeilik om te beskryf, maar hierdie kind was manjifiek, God was waarlik teenwoordig,
en Maria, die ma, het diep ingedagte vir my geglimlag.


Ons het kontak behou en 'n punt daarvan gemaak om gereeld weer te ontmoet. Oor die afgelope drie of wat jare het alles verander, ek het egter nooit gedink ek sou dit sien nie; die baba wat ek aanbid het, het ek ook as die gekruisigde gesien!


My hart was gebroke. Ek het gehoop dat Jesus die Messias was, en Maria was oortuig daarvan, maar alles lyk nou so … finaal!


Ek moet na Maria toe gaan, ons kan mekaar vertroos.


Hierdie monoloog is oorspronklik gebruik as deel van 'n Goeie Vrydag getuie-liturgie. Gebruik dit en die Skrif wat dit geïnspireer het om oor hierdie twee fundamentele gebeure na te dink.


Wat beteken Jesus se vleeswording en kruisiging vir jou persoonlik?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

An Easter Nativity

Nadenke oor Goeie Vrydag se gebeure soos deur karakters uit die Kersspel vertel. 'n Verbeeldingryke verkenning van die wonder van die Kersgebeure en die offer van die kruisiging.

Ons wil graag American Bible Society vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.catholic-bible-school.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid