Leesplan inligting

Oorkom Vrees, Bekommernis en AngsVoorbeeld

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

DAG 3 VAN 7

Dag 3: Die Gelykenis van die Talente


Tydens Jesus se aardse bediening het Hy 'n gelykenis of verhaal vertel oor 'n man wat bang was. In hierdie verhaal, waarvan ons lees in Matteus 25:14-30, het Jesus die koninkryk van die hemel vergelyk met 'n man wat op die punt was om op reis te gaan en sy slawe geroep het en sy besittings aan hulle toevertrou het.


Die Bybel gebruik die woord "talente" om geld eenhede te beskryf. Ter wille van eenvoud verander ons dit na rande. Vir een het hy R5 000 gegee, aan 'n ander het hy R2 000 gegee, en vir nog een R1 000, elkeen volgens hul bekwaamheid. Nadat die man weg is, het elkeen van die slawe iets anders met die geld gedoen. Die wat R5 000 en R2 000 ontvang het, het albei hul geld verstandig belê om meer geld te maak. Die een wat R1 000 ontvang het, het dit in die grond weggesteek. Na 'n lang tyd het die eienaar van die slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. Die eerste twee het hul geld verdubbel en is daarvoor beloon. Die laaste een het egter bloot die R1 000 teruggebring wat oorspronklik deur sy meester aan hom toevertrou is.


Toe hy gevra word waarom hy nie die geld belê het nie, het die slaaf geantwoord:"Meneer ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug" (25:24-25).


Kan jy sien hoe die slaaf se perspektief van sy meester sy gebruik van sy talent beïnvloed het? Kyk na die woorde wat die slaaf gebruik het om sy meester te beskryf. Hy het gesê dat hy harde man is. Is dit waar dat ons hemelse Meester 'n harde man is? Sien jy hoe hierdie slaaf se siening oor God hom bang gemaak en hom sy "talente" laat wegsteek het?


Die begeerte om mense of omstandighede te beheer is in essensie 'n vertrouensprobleem. Hopelik is dit nie dat ons God nie vir ons aanvanklike verlossing vertrou nie. Dit is eerder dat ons God nie vertrou om dinge vir ons ten goede te laat uitwerk nie. Ons dink dat ons dit self moet doen. Ons vind dit byna onmoontlik om die dinge wat die kosbaarste vir ons is, te laat gaan: ons kinders, ons loopbane en ons toekoms.


Gebed is effektief, en God kan en werk kragtig in reaksie daarop, maar Hy laat ons gewoonlik 'n tyd lank met ons gewoonte vrese worstel. Dit is omdat Hy wil hê dat ons moet groei tot op 'n punt waar ons dit haat en begeer om daarvan vry te wees vir die regte rede: sy heerlikheid. God is in beheer van elke deel van jou lewe, selfs jou vryheid van vrees. Jy kan in Hom rus en vertrou dat sy verlossing presies betyds sal wees.


NADENKE


Dink jy dat daar enige ooreenkomste is tussen jou en die vreesbevange slaaf? Indien wel, wat is die ooreenkoms?


Hoe beïnvloed jou perspektief op die karakter van God jou vrees?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar G...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid