Leesplan inligting

Oorkom Vrees, Bekommernis en AngsVoorbeeld

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

DAG 2 VAN 7

Dag 2: Moses


“Ek is nie Goed Genoeg nie” — Moses


Toe Moses God se roeping om sy volk van slawerny in Egipte te bevry, oorweeg het, was sy gedagtes gevul met vrese — hoofsaaklik vrese dat hy onsuksesvol sou wees of dat hy nie die taak sou kon voltooi nie. Dink na oor wat hy vir God gesê het en kyk of sy bekommernisse in jou hart weerklank vind.


• “Toe sê Moses vir God: 'Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?'" (Eksodus 3:11).


• “Maar toe sê Moses: 'Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?'” (Eksodus 4:1).


• “Toe sê Moses vir die Here: 'Ag Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel'"(Eksodus 4:10).


• "Maar Moses antwoord: 'Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders'" (Eksodus 4:13).


Vertrou op God, nie Jouself nie


God het Moses die hele tyd bemoedig. Hy het hom verseker van sy teenwoordigheid en sy krag om sy wil te volbring. Al wat Moses egter kon sien, was sy eie ontoereikendheid, vrees en ongeloof.


Let daar op dat God nie tyd daaraan bestee het om Moses se self-vertroue 'n hupstoot te gee nie. God het hom eerder herinner dat hy sy vertroue in Hom moet stel. Wanneer ons onsself ook al probeer oortuig dat ons regtig beter of sterker of wyser is as wat ons is, is ons gedoem tot mislukking. God wil nie hê dat ons selfvertroue moet groei nie. Hy wil hê dat ons al ons vertroue in Hom moet plaas. Hy is immers die enigste een wat kragtig genoeg is om die farao's in ons lewens te oorwin.


Namate Moses in sy vertroue in die Here gegroei het, het God hom gebruik om 'n groot verlossing te bewerkstellig. Moses is in der waarheid bekend as een van die grootste leiers in die Bybelse geskiedenis. Maar dit was nie omdat hy so 'n dapper ou op sy eie was nie, was dit? Dit was slegs as gevolg van God se groot krag en sy vasberadenheid om sy doel te bereik. Wat God vir Moses gedoen het, kan Hy vir jou ook doen. Jy kan rus in die wete dat, as God jou roep om iets te doen, al is dit net om dapper genoeg te wees om kerk toe te gaan en met mense te praat, dan sal sy genade ook werksaam in jou lewe wees.


NADENKE


Wat is die vrese wat jy ervaar oor God se werk in jou lewe?


Glo jy dat dit vir God moontlik is om jou te verander soos wat Hy vir Moses verander het?


Vir watter veranderinge kan jy nou bid?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar G...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid