Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 6 VAN 7

Die Vrug van Lyding

Dink jy dat jy bevoorreg is? Jou antwoord hang af van hoe jy voordele en nadele omskryf. Dalk gaan jy nou deur 'n moeilike tyd. Dit mag 'n siekte, gebrek, of finansiële krisis wees. Ten spyte van jou probleme gee God jou 'n rede om te juig en jouself vandag as geseënd te sien — naamlik, die wonderlike vrug van lyding.


As jy 'n meningsopname doen en mense vra wat hulle die meeste begeer, sal die algemeenste antwoord wees: "Geluk." Mense regoor die wêreld sal sê: "Ek wil net gelukkig wees." Dit klink na 'n eenvoudige versoek. Wat het jy dus nodig om gelukkig te wees?


Jy het dalk met tye gesê: "As dit net wou gebeur, sou ek gelukkig wees." Of, "As God net dit wil doen, sal ek tevrede wees." Om so te dink is 'n probleem en gevaarlik. As vreugde net van 'n lang lewe afhanklik is, sal die persoon wat met 'n dodelike siekte gediagnoseer is, in wanhoop lewe. As jy net vreugde vind in gesondheid, sal die gestremde kind net hartseer ken. God omskryf hierdie probleme nie dieselfde as mense nie.


In hierdie skrifgedeelte help Paulus ons om geluk vanuit God se perspektief te sien. Jy is bevoorreg as jy in Christus is. Gelowiges het vrede en 'n nuwe perspektief op elke aspek van hulle lewe. Jou toekoms is verseker en jy kan daarna uitsien om te deel in God se heerlikheid!


Paulus vermy nie die probleem van pyn en lyding nie. Hy maak inderdaad 'n stelling wat verspot klink: Jy kan juig as jy probleme en moeilikhede ervaar. Dit is moontlik weens die gevolg van probleme. Wat is hierdie wonderlike vrug van lyding? Iemand met 'n sterk karakter het vertroue in die hoop van verlossing wat gekweek word wanneer moeilike omstandighede verduur word.


As jy weer deur 'n moeilike tyd gaan, dink aan die vrede wat jy in God ervaar. Hou in gedagte dat dit die moeite werd is om die pynlike pad van lyding te verduur wat jou by hierdie bestemming bring. Jou ervaring van lyding help jou om ontslae te raak van die vlietende gemak van hierdie lewe op aarde en op die ewige vrede te fokus wat daar in Jesus is. Jou toekoms in Christus is verseker en jy kan vertrou dat God vandag in jou lewe werk. Verheug jou in hierdie vrug van lyding, wat jou hemelse hoop is.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid