Leesplan inligting

Oorwinning Deur Middel Van SwakheidVoorbeeld

Victory Through Weakness

DAG 4 VAN 7

Ons Wyse Hemelse Vader

Na wie toe gaan jy vir raad? Dis dikwels goed om raad by jou ouers, vriende of predikant te soek. Daar is egter een wie se raad die beste is — God s'n. In vandag se leesstuk vind ons uit dat God ons hemelse Vader is en ons leer hoe om te lewe. Hy gee ook vir ons 'n raamwerk waarbinne ons lyding kan verstaan.

Jy het dalk al 'n kind hoor sê: "Mamma, hoekom gebeur dit?" Soms antwoord 'n ouer uit frustrasie: "Dis maar hoe dit is!" Gelukkig antwoord God ons nie so nie. Hy is 'n geduldige, saggeaarde Vader wat tyd het om die hoekoms aan ons te verduidelik — tot op 'n sekere punt. In Jakobus 1 gee God die antwoorde op drie moeilike lewensvrae:

  • Hoekom gaan ek deur beproewinge? Dit is 'n geleentheid om jou geloof te toets sodat jy geestelik volwasse kan word. Jy moet bly wees en dit as seëninge sien, met die wete dat jy besig is om meer soos Jesus Christus te word.
  • Waar kan ek wysheid kry? By God! Vra Hom met selfvertroue en vertrou dat Hy jou nie sal teregwys of wegwys nie. Hy wil graag jou gebede beantwoord en mildelik vir jou voorsien.
  • Waar kom toetse en versoekings vandaan? God kan nie versoek word nie en Hy versoek niemand nie. Elke mens word deur sy eie begeertes versoek. Jy, as gelowige, het die krag om standvastig te wees. God se kinders sal die kroon van die lewe ontvang en die ewigheid met Hom deurbring!

Alhoewel jou ouers en jou hemelse Vader in sekere opsigte ooreenstem, is hulle nie dieselfde nie. God se krag, liefde en omgee is baie meer as enige mens s'n. Jou hemelse Vader is die een wat vir jou die goeie dinge in die lewe gee. Jou ma het geboorte aan jou gegee, maar God het jou geskape. Ouers probeer konsekwent wees, maar God verander nooit nie. God het besluit hoe jy moet wees en jy is sy belangrikste besitting. Wanneer jy weer deur 'n moeilike tyd gaan of raad nodig het, gaan na die Woord van God en bid tot jou hemelse Vader en vertrou volkome op Hom.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Victory Through Weakness

Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lew...

More

Baie dankie aan Joni en Vriende, Internasionaal en Tyndale House Uitgewers, die skeppers van die "Beyond Suffering" Bybel, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.beyondsufferingbible.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid