Leesplan inligting

Niks Om Te Bewys NieVoorbeeld

Nothing To Prove

DAG 2 VAN 5

Om In die Waarheid te Leef


Ek is nie goed genoeg nie. Dit is 'n skrikwekkende frase wat op 'n gereelde basis deur ons koppe maal oor 'n magdom dinge. Kom ek vertel jou 'n paar van die stories wat ek net in my nabye vriendekring gehoor het.



Bekah lei kampoefeninge. Net soos sy bure en vriende deur oefensessies lei, het sy van hulle ook al deur kankerstryde en moeilike egskeidings gehelp. Sy kry gereeld die geleentheid om oor Christus te praat, maar sy wonder altyd of sy werk doen wat belangik genoeg is.



Jessie is in haar sestigerjare en is baie jare gelede geskei. Jessie straal van liefde vir Jesus. Haar kinders is al volwasse, dus het sy vrye tyd en het onlangs 'n klas oor mentorskap kom bywoon. Sy het dit egter nie voltooi nie. Toe ek haar daaroor uitvra, het sy gesê: "Ek het nie gedink dat enigiemand 'n mentor sou wou hê wat geskei is nie." Op 'n subtiele manier sê sy eintlik: ek is nie genoeg nie.



Ek wil my liewe vriende sommer skud. Hulle stort hul lewens uit in unieke, gehoorsame oorgawe aan God, en tog kan hulle nie insien dat die verhaal oor hulself wat hulle glo, heeltemal verkeerd is nie. Glo my, daar was ander dae wanneer hulle my ook wou skud, omdat ek dieselfde leuens geglo het.



God het geweet dat ons nooit op ons eie genoeg sou wees nie. Daarom het Hy vir ons genoeg geword. Jesus is ons "genoeg".



Die waarheid dat ons nie genoeg is nie, maar dat Jesus wel genoeg is, is nie net goeie nuus op die dag wat ons gered word nie. Ons moet daardie waarheid elke dag aan onsself en aan mekaar verklaar. Ons is vandag gered van 'n lewe van probeer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Nothing To Prove

Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou ...

More

Ons bedank graag vir Jennie Allen en WaterBrook & Multnomah vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://jennieallen.com/nothingtoprove/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid