Leesplan inligting

Niks Om Te Bewys NieVoorbeeld

Nothing To Prove

DAG 1 VAN 5

Om die Leuen te Ontbloot


Water. 'n Mens kan nie sommer drie dae daarsonder oorleef nie. Geen ander bron is noodsaakliker om lewe te onderhou nie. Geen.



Die waarheid is dít: die vyand belowe aan ons water, maar elke keer wanneer ons na sy putte toe gaan, is hulle leeg. Hy gee aan ons 'n slukkie water, genoeg dat ons hom sal aanhou glo. Ons het die leuen geglo dat ons versugtinge bevredig sal word as ons genoeg ís en genoeg hét. Daarom jaag ons dinge, mense, 'n openbare beeld en antwoorde na — en die hele tyd wonder ons: waarom is ek nog steeds dors?



In die boek Jeremia maak God dit baie duidelik wat besig is om te gebeur:



"My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie" (Jeremia 2:13).



Daar is egter water vir jou. Nie net genoeg om jou dors te les nie, maar 'n onbeperkte voorraad wat jou sal vul en dan vanuit jou sal vloei in 'n dors wêreld in. Die water wat jy nodig het, word egter net in een Bron gevind.



Ek sê jou sommer reguit, daar is geen geheim hier nie. Net een antwoord vir jou dors: Jesus.



“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei" (Johannes 7:37b-38).



Net Hy is die bron waaruit al die dinge vloei wat ons nastreef en wat ons hoop om te word. Ek is bly dat ek hier kan begin, sonder om enige leë beloftes te maak — want my enigste doelwit is om jou dors siel te lei na strome lewende water, na Jesus toe. Hy doen altyd wat Hy beloof het.



Waarom is dit enigsins belangrik?



Prakties gesproke het niks wat ek in my lewe moet trotseer, verander op daardie dag toe ek tot hierdie besef gekom het nie.

Tog het álles verander.



Ek het nie so alleen gevoel nie.

Ek het verlig gevoel.

Ek het geliefd gevoel.

Ek het gevoel ek kon weer diep asemhaal.

Ek het gevoel dat iemand my ken.

Ek het selfs nog meer in Jesus geglo — dat Hy my vergewe en dat Hy in alles saam by my is.



Ek was oorweldig deur die vryheid wat spruit uit die wete dat ek Niks Het Om Te Bewys Nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nothing To Prove

Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou ...

More

Ons bedank graag vir Jennie Allen en WaterBrook & Multnomah vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://jennieallen.com/nothingtoprove/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid