Leesplan inligting

Bemoediging vir elke-dag-leweVoorbeeld

Bemoediging vir elke-dag-lewe

DAG 2 VAN 5

Geurige Woorde

Teks: Spreuke 16:20: “Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed."

Die bekende sielkundige, Dr. Kevin Leeman, sê die volgende: “Kies om ‘n gewone vanielje te wees in ‘n “tutti-frutti” wêreld. Vanielje is steeds die mees gewilde geur op aarde.” Dit laat my aan Salomo se woorde dink — die Woord van God. Dít is letterlik die mees gewilde “geur” in die wêreld — die Bybel wat die topverkoper van alle tye is! Dit is Gód se geur.

Wat is jou “geur”? Dinge soos die woorde wat jy in jou denke toelaat en ook uitspreek, of wat jy in jou dade en verhoudinge met ander mense toelaat. Daar is soveel wysheid in Salomo se spreuke om te ruik en proe, asof dit ‘n kas vol kruie is. Daar is ook verskeie “pepergeure” as vermaning. Die teksvers hierbo is asof Salomo moontlik homself ook bemoedig; dit is inderdaad ‘n belofte! Ons moet God se woorde hoog ag, sy woorde het immers die aarde en vir my en jou geskape!

God is nie ‘n mens dat Hy kan lieg nie, Hy speel nie wegkruipertjie nie. Hy wíl jou vertroue hê, jou fokus op Hom rig. Mens kan nie vertrou as jy die heeltyd rondloer na die werklikhede om jou nie. Vestig jou aandag op sy woorde, dit sal met jou goed gaan as God se woorde jou omvou.

Gebed: Vader, die wêreld bied duisende woord-geure wat sóveel in ons lewens kan beïnvloed. Maak ons sintuie sensitief vir u welriekende geur deur die Heilige Gees en u Woord.

Lees gerus meer van die talle wyshede in Spreuke. Daar is 31 hoofstukke, een vir elke dag van die maand. Dit sal beslis jou “geur” in die wêreld rondom jou versterk.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bemoediging vir elke-dag-lewe

Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in ...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid