Leesplan inligting

Bemoediging vir elke-dag-leweVoorbeeld

Bemoediging vir elke-dag-lewe

DAG 1 VAN 5

Hoop beskaam nie

Teks: Romeine 5:5: “... en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

Soms ervaar mens ‘n “afdag”, asof jou vervaldatum aangebreek het. Wat dit erger maak is dat jy dikwels nie weet hóékom jy so voel nie. Daar is net té veel dinge om te hanteer en jy proe amper letterlik die gal van jou gemoed!

Dit is dán wat jy jouself aan die oor moet trek en sê “HOU OP!” Jy hoef nie skaam te wees waar jy jou bevind nie. God weet wie jy is en Hy wag dat jy Hom binnenooi, sodat sy Gees jou kan vernuwe. Sy oor luister graag en Hy is alomteenwoordig. Gesels met Hom, sommer hardop in die kar of kombuis.

Binne oomblikke sal jy voel dat jou gemoed lig ... probeer dit! Dink doelbewus aan julle een-tot-een gesprek, asof dit met jou beste vriend of vriendin is. Blaker alles uit wat jou pla — dít spoel jou van binne af skoon, asof jy die asblik uitgooi. God nooi ons juis in Hebreërs 4:16 om tot Hom te nader, tot by sy troon! “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.”

Gebed: Here maak ons bewus van die oomblikke wat ons moet stil raak en na u stem luister, eerder as ons eie. Ons wil u liefde voel wat deur ons vloei.

Mag jy met vrymoedigheid die Bybel optel en lees in die wete dat jy kosbaar is en dat daar altyd hoop is!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Bemoediging vir elke-dag-lewe

Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in ...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid