Leesplan inligting

Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur GevangenesVoorbeeld

I Surrender: Inspirational Devotions Written by Prisoners

DAG 2 VAN 4





DIE HERE HET MY LIEF

“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” —JOHANNES 10:27-28.



Ek het soos 'n Christen gelewe, maar het van die waarheid afvallig geword. Vir baie jare het ek in en uit die moeilikheid geweeg, wetende dat hier diep binne my ek die Here desperaat nodig het maar dat ek dit beveg omdat ek bang is vir Hom. Tog het 'n eenvoudige voorbeeld my herinner dat God my nog altyd hartlik teruggeroep het na sy arms. Ek het nooit my kinders vertel van my situasie gedurende die tyd in die tronk nie. Wanneer ek hulle gebel het of geskryf het, was ek maar net "weg" en alles "was reg." 'n Christen vrou en goeie vriend in die tronk het vir my gesê om vir my kinders die waarheid te vertel.



Ek het vir hulle vertel en het angstig vir twee maande gewag om van hulle te hoor. Uiteindelik het ek 'n groot seën ontvang — die eerste brief van my dogter af. Bo aan die bladsy het sy in groot letters geskryf: "SKRYF ASSEBLIEF GOU WEER TERUG" en "MAMMA, EK SAL JOU ALTYD LIEF Hê."



My dogter se woorde het my oë oopgemaak vir 'n groot waarheid — die Here het my altyd lief. Ek bid dat ek getrou sal wees aan Hom en dat ek sal word wat Hy wil hê ek moet wees.



—Nina



GEBED: Liewe Here, help my asseblief om die lewe te leef wat U vir my begeer van nou af, een dag op 'n slag. Dankie vir u geduld met my. Help my om geduldig te wees met ander. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I Surrender: Inspirational Devotions Written by Prisoners

Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. Binne in die bladsye is daar dinamiese karakters vol van moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voorm...

More

Ons wil graag Prison Fellowship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.prisonfelloship.org/resources/subscribe/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid