Leesplan inligting

Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur GevangenesVoorbeeld

I Surrender: Inspirational Devotions Written by Prisoners

DAG 1 VAN 4





EK WAS BLIND MAAR NOU SIEN EK

“Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.' Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees" — 2 Korintiërs 12:9.



My lewe was die perfekte suksesverhaal, die groot Amerikaanse droom wat bewaarheid is. Eensklaps het ek besef dat dit nie my sukses was wat God gebruik het om my in staat te stel om diegene in die tronk te help nie. Geeneen van my prestasies het bygedra tot God se volkshuishouding nie. Nee, die ware nalatenskap van my lewe was my grootste mislukking — dat ek 'n oud-gevangene is. My grootste vernedering — om tronk toe te gaan — was die begin van God se grootste benutting van my lewe. Hy het die een ervaring gekies waar ek nie eer kon kry nie, maar Hy.



Om voor hierdie verstommende waarheid te staan te kom, het ek ontdek dat my wêreld onderstebo gekeer is. Ek het met 'n skok agtergekom dat ek agterstevoor na die wêreld gekyk het. Nou kan ek sien: slegs nadat ek alles verloor het — wat ek gedink het van Chuck Colson 'n wonderlike ou maak — het ek die ware ek ontdek wat God wou hê ek moes wees én die ware doel vir my lewe.



Dit is nie wat ons doen wat saak maak nie, maar wat 'n oppermagtige God kies om deur ons te doen. Die koninkryk van God is 'n paradoks, waar oorwinning deur nederlaag plaasvind, genesing deur gebrokenheid en om jouself te vind deur jouself eers te verloor. Dit was beslis so in my lewe. Indien jy ook deur die vallei van mislukking geloop het, bid ek dat hierdie ervaring ook vir jou waar sal wees.



— Chuck Colson


GEBED: Dankie Heer, dat u genade genoeg is vir ons elke behoefte. Mag ons ons doel en waarde in U vind, vandag en altyd. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I Surrender: Inspirational Devotions Written by Prisoners

Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. Binne in die bladsye is daar dinamiese karakters vol van moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voorm...

More

Ons wil graag Prison Fellowship bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.prisonfelloship.org/resources/subscribe/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid