Leesplan inligting

21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 7 VAN 21

Kry 'n Mentor


Ek was 17 jaar oud. Ek het by haar kantoor ingestap en gevra of ons kon koffie drink. Ons het 'n bietjie gesels, selnommers uitgeruil en 'n week later ontmoet. Ek het my drome, idees en vrae met haar gedeel. Sy het geluister. Sy het geglimlag. Sy het vir my vrae gevra. So het 'n vriendskap begin wat so nuttig soos 'n kompas geword het en so waardevol soos die beste juwele. Haar wysheid en genade was 'n geskenk vir my jong siel. Mettertyd het ek selde 'n besluit geneem sonder om haar wysheid in die saak te raadpleeg. Sy het my nooit vertel wat om te doen nie. Sy het my eerder deur middel van haar vriendelikheid en ervaring gewýs wat om te doen.


Talle kere word ons in Spreuke aangeraai om wysheid te bekom. Luister na wyse mense se waarskuwings. Leer uit hulle ervarings. Wanneer ons dít doen, groei ons in wysheid en insig. Jesus is ons beste raadgewer en dit baat ons om na hulle te luister wat vir Hom lief is en stryde oorwin het wat ons nog moet veg. Dis vrouens op die voorpunt wat hulle oorwinnings en die goedheid en heerlikheid van God op maniere deel wat ons aanmoedig om in geloof te groei. Dis dikwels ons mentors wat ons help om verskillende uitkomste te oorweeg en tydlose wysheid bied. Hulle is daartoe verbind om ons te help om sinvol, in liefde en met goeie bedoelings op te tree.


Namate die tyd aanstap, mag ons dalk mentors ontgroei en vir nuwes soek, maar met almal van hulle wat vir Jesus lief is en Hom volg, kan ons maak soos Hebreërs 13 sê: "Dink aan julle voorgangers wat die Woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het."


Wanneer jy op soek is na 'n mentor, soek die aanduidings van geestelike vrug in die wyse vroue om jou wat vir Jesus lief is. Sien jy liefde? Vreugde? Vrede? Geduld? Vriendelikheid? Goedheid? Selfbeheersing? Is sy 'n volgeling en 'n leier? Maak sy haar kinders groot op dieselfde manier as wat God jou roep om jou eie kinders groot te maak? Is sy in 'n gesonde huwelik? Het sy bloeiende vriendskappe? Is sy 'n vrou wat haar woord gestand doen?


Nader haar. Soos in enige vriendskap, wees op die uitkyk vir 'n natuurlike aantrekkingskrag. Vra 'n uur van haar tyd om saam koffie te drink. Is sy 'n besige vrou? Vra haar dan of jy saam met haar kan gaan waarheen sy op pad is. Omring jouself met wyse mense as jy wil floreer. Dis nie 'n nuwerwetse idee nie. Dis 'n oer-oue een. Een wat jou geloof sal laat groei.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoo...

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid