Leesplan inligting

21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 1 VAN 21

Verwerk Verlies en Verdriet


Dit is onmoontlik om ongedeerd deur die lewe te gaan. Lyding verenig die mensdom. In hierdie lewe is dit nie 'n geringe moontlikheid nie maar 'n gegewe. Dit maak nie saak wat in ons harte opgesluit is nie, Jesus is die Een wat ons herskep. Ons hoop. Ons geneesheer. Jesaja 53 herinner ons dat ons deur sy wonde en offer genees is. As ons Hom in ons diepste binneste toelaat, kan Hy ons wonde genees. Ons sien die lewe deur die lens van ons verliese en pyn. Dit belemmer ons vermoë om verhoudinge aan te gaan, lief te hê, iets te ontvang en om te groei. As ons dit ignoreer en toelaat om soos 'n kanker in ons hart te groei, doen dit ondenkbare skade aan ons geloof in onsself en ons geloof in God.


Ons dra te dikwels ons verlies en verdriet soos 'n doring in die vlees rond wat nooit verwyder word nie. In der waarheid was ons pyn nooit bedoel om langdurig te wees nie. Ons pyn is veronderstel om verruil te word vir die genade en verlossing van die Vader. Hy onttrek Homself nie van ons seerkry en ellende nie. Hy is by ons en bekend met ons verdriet. Hy is na aan die gebrokenes van hart. Hy het vir die uitgeworpenes gekom. Hy is nie die oorsprong van ons angs nie, maar die antwoord daarop. Sy Seun se beproewing het die weg gebaan vir ons vryheid.


Ons moenie wegskram van die duistere dele van ons verhaal nie. Gaan daardeur en nie óm of óór dit nie. Jesus het gesê: "Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word." Daar is geleentheid vir ons om te treur oor dit wat ons hart gebreek het. In ons weeklaag roep ons uit na Jesus, ons Trooster. Niks in ons lewe is buite sy bereik nie. Hy kan dit alles hanteer. Enige verdriet. Enige trauma.


Vandag is die dag om die oorsprong van ons angs, spanning, verlies en verdriet te identifiseer. Nooi Christus om elke deeltjie van jou hart met sy wonderlike lig te verlig. Vra Hom om vir jou die gawe van lewe, waarheid en genesing te gee deur middel van sy Heilige Gees. Die volheid van God wag vir jou as jy jou spanning, droefheid, verdriet en laste neerlê. Dis nooit te laat om die lewe te leef waarvoor jy bedoel is nie. 'n Lewe van vryheid, gesetel in die persoon van Jesus.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoo...

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid