Leesplan inligting

Groter as wat ek verstaanVoorbeeld

Groter as wat ek verstaan

DAG 5 VAN 5

Dit was kalm op die see daardie dag toe die dissipels en Jesus met hulle skuit na die ander kant toe begin vaar het. Terwyl hulle oor die water geroei het, het Jesus aan die slaap geraak. En toe gebeur dit – die storm!

Daar het soveel water by die skuit ingestroom dat dit begin sink het. Die dissipels het vir Jesus wakker gemaak en Hom gesmeek om iets te doen, want hulle was bang hulle gaan verdrink. Jesus het opgestaan en met die wind en die golwe gepraat. En die storm het bedaar.

Toe hulle verder oor die kalm water vaar, het Jesus vir hulle gevra waar hulle geloof dan was. Die dissipels was net sprakeloos omdat Jesus die mag gehad het om selfs die natuur te beheer.

Jesus het daardie angswekkende storm gebruik om nie net vir sy dissipels te wys dat Hy mag oor die hele skepping het nie, maar om ook vir hulle die geleentheid te gee om te kyk hoe diep hulle geloof regtig was.

Hoe lyk jou geloof vandag? Glo jy Jesus kan énigiets doen?

Jesus, gee vir my meer geloof. Leer my om nog meer op U, u krag en u vermoë te vertrou om die storms stil te maak wanneer dit in my lewe begin woed. Ek is lief vir U, Here. Amen.

Hierdie oordenkings is geneem uit ’N BYBELDAGBOEK VIR SEUNS © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Groter as wat ek verstaan

“Kan God enigiets doen?” Jong kinders begin soms hierdie vraag vra. Dit is dan die tyd om hulle te leer dat God regtig enigiets kan doen – al verstaan ons nie altyd wat en hoe Hy dit doen. Hierdie 5 kort en kragtige oord...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid