Leesplan inligting

Groter as wat ek verstaanVoorbeeld

Groter as wat ek verstaan

DAG 1 VAN 5

Die heel eerste vers in die Bybel verduidelik vir ons dat God die ganse heelal geskep het. Waar het God egter vandaan gekom? Soms is die eenvoudigste vrae die moeilikste om te beantwoord.

Lees ’n bietjie verder in die Bybel en jy sal vind dat God self verduidelik wie Hy is … soort van. Wanneer Hy met Moses praat (Eksodus 3:13-14), noem God Homself “Ek Is”. Daar was nooit ’n tyd toe God nié was nie, en daar sal nooit ’n tyd aanbreek dat God nié is nie. God ís eenvoudig – Hy het nog altyd bestaan en Hy sal tot in ewigheid bestaan. Dit is moeilik vir ons menslike verstand om dit te begryp, want alles in ons wêreld het ’n begin en ’n einde.

So lank soos die mensdom bestaan, probeer mense al uitvind hoe die heelal ontstaan het en waar mense vandaan gekom het. Die Bybel gee vir ons die antwoord: Alles het van God, die groot Ek Is, af gekom. Dit is een van daardie feite wat jy eenvoudig as die waarheid moet aanvaar. Jy kan regtig glo dat God ís en dat alles uit Hom ontstaan het.

Vader, baie dinge oor U is groter as wat ek kan verstaan. Wanneer ek iets nie verstaan nie, help my om in U te glo en op U te vertrou. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Groter as wat ek verstaan

“Kan God enigiets doen?” Jong kinders begin soms hierdie vraag vra. Dit is dan die tyd om hulle te leer dat God regtig enigiets kan doen – al verstaan ons nie altyd wat en hoe Hy dit doen. Hierdie 5 kort en kragtige oord...

More

https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid