Leesplan inligting

Streef Na VredeVoorbeeld

Pursuing Peace

DAG 4 VAN 7

In Vrede met Jouself 


So dikwels vind die grootste geveg vir vrede in onsself plaas. Daar is 'n storie van 'n oupa wat die volgende vir sy kleinseun gesê het: "Dit voel vir my of daar twee wolwe binne-in my hart aan die baklei is. Een wolf is wraaksugtig, kwaai en geweldadig. Die ander wolf is liefdevol en barmhartig." Die kleinseun vra toe vir hom: "Watter wolf wen die geveg in jou hart?" Die oupa antwoord toe: "Die een wat kos kry."


Ons kies waarmee ons ons siele voed. Watter gedagtes koester jy oor jouself? Ons moet elke dag ons gedagtes konfronteer en versigtig wees hoe ons ons bekommernisse hanteer. Die Skrif moedig ons aan om vrede in onsself te vind, deur ons bekommernisse vir God te gee en Hom toe te laat om ons harte en gedagtes te beskerm, selfs al gaan dit ons verstand te bowe 


Afrika Spreuke:


Die vel van die luiperd is baie mooi, maar sy hart is nie. ~ Balubaanse spreuk

Daar is 'n aangrypende artikel op "Tearfund" se "Rhythms" webtuiste wat die moeite werd is om te lees. Die vraag word gevra of daar deesdae 'n verband is tussen ons identiteit en die klere wat ons dra.


Aksie: 


Ons vind dikwels ons identiteit in dinge en besittings. Gaan na jou gunsteling klerewinkel, nie om iets te koop nie, maar loop net deur die gangetjies en dink na oor jou behoeftes. Bid 'n lofgebed, omdat God jou met sy geregtigheid klee. Vra Hom om jou aan te raak en loop leë hande by die winkel uit, met die wete dat jy na iets gaan soek het wat net God vir jou kan gee. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Pursuing Peace

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhouding...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid