Leesplan inligting

Streef Na VredeVoorbeeld

Pursuing Peace

DAG 1 VAN 7

In Vrede met God


Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het (Romeine 5:11).


Die soeke na vrede is 'n reis wat ons self kan aanpak. Vrede kan op baie plekke gevind word. Dis 'n goeie idee om doelbewus 'n welverdiende stil plekkie te soek, of ons nou by die spa, gimnasium of waar ook al ontspan. 


Die woord heiligdom (sanctuary) kom uit Latyn (sanctus) wat heilig beteken. In ons soeke na vrede moet ons nie vergeet wat heilig is nie. 


Ons verhouding met God is deur Jesus versoen. Jesus het ons in 'n lewende verhouding met die Vader gebring, wat ons toelaat om vriende van God genoem te word. 


Net soos met alle ander betekenisvolle vriendskappe, moet ons eerlik en kwesbaar wees om daardie verhouding te laat verdiep. Neem die dinge wat jy moet opoffer na God, en soek sy trou, want dit sal vir jou vrede bring. Vra Hom om aan te hou om jou na die beeld van Christus te vorm.


Afrika Spreuk


Wys vir my jou vriend en ek sal vir jou jou karakter wys. ~ Afrika spreuk


Aksie: 


Gesels met een van jou beste vriende oor dit wat jy omtrent julle vriendskap waardeer. Dink dan na oor hoe jy 'n soortgelyke verhouding met God kan opbou, omdat Hy jou sy vriend noem. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Pursuing Peace

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhouding...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid