Leesplan inligting

By Waters Van RusVoorbeeld

By Waters Van Rus

DAG 7 VAN 8

“Ek en die Vader is een” Jesus stel dit duidelik dat sy skape na sy stem sal luister en Hom sal volg. Die hegte band tussen Hom en sy volgelinge word in hierdie teksgedeelte dik onderstreep. Hoor net hoe sterk beklemtoon Jesus dit: “Ek gee hulle die ewige lewe gee, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” (Johannes 10:28, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Watter ongelooflike versekering bied dit nie vir God se kinders nie! Dan kom Jesus met die bevestiging van sy Goddelikheid vorendag. “Ek en die Vader is een” (Johannes 10:30, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Daarom kon Hy ook sê dat niemand sy skape uit die hand van sy Vader sal steel nie. Dit is nie Jesus die wonderlike Leermeester wat hierdie versekering vir sy dissipels gee nie; dis Jesus die Seun van God, die Woord wat mens geword het, wat met hulle praat. Watter voorreg om deel van ons Herder se skaaptroppie te wees! Hierdie oordenking is geneem uit BY WATERS VAN RUS deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

By Waters Van Rus

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering...

More

Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid