Leesplan inligting

By Waters Van RusVoorbeeld

By Waters Van Rus

DAG 5 VAN 8

“Die Herder en sy skape” Die verwysing na die herder en sy skape is een van die gesogte beelde wat in die Bybel gebruik word. Dis ’n beeld wat aan die landbou van daardie tyd ontleen is en wat elke hoorder baie goed sou verstaan. In die Ou Testament is Psalm 23 seker die bekendste en gewildste Herderpsalm. Dis ’n psalm wat geborgenheid en versorging uitstraal. Dit sê vir ons God is goed, Hy sien met die grootste sorg om na sy kudde. Wanneer Jesus in Johannes 10 by die herderbeeld aansluit, brei Hy dit noemenswaardig verder uit. Die Herder word self die deur van die skaapkraal om die skape teen rowers en ondiere te beskerm. Die Herder loop vooruit en die skape ken sy stem en volg Hom. Die Herder en die skape ken mekaar soos die Seun en die Vader mekaar ken. Dit gaan oor ’n intieme verbintenis. Dan kom die heel belangrikste toevoeging: Die Herder lê sy lewe af vir sy skape. Meer as dit kan die Herder nie doen nie. Meer as dit kon die drie-enige God nie doen nie. Dít het Jesus vir ons gedoen. Hierdie oordenking is geneem uit BY WATERS VAN RUS deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

By Waters Van Rus

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering...

More

Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid