Leesplan inligting

Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1Voorbeeld

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

DAG 5 VAN 5

Onthou jy daardie deel in die verhaal: "The Grinch Stole Christmas", toe die Grinch (Knorpot) se hart "daardie dag drie groottes gegroei het?”


Dit is 'n gunsteling oomblik in die fliek vir baie van ons. Hy het daar gestaan met sy Grinch-voete vas in die sneeu en toe gewag. Vir wat? Om te sien wat sou gebeur toe die Who dorpie besef dat hul pakkies, bokse en sakke weggeneem is.


In plaas van die verwagte "boo hoo'' het 'n lied egter die berg bestyg. Die Who se lied het hom bereik … met onverwagte skoonheid.


Die liedjie was nie noodwendig mooi as gevolg van die klank of selfs die woorde nie. Ek bedoel, wie weet regtig wat "Dahoo Dores" selfs beteken? Nee — hulle liedjies was pragtig, want dit het ontstaan uit iets wat nie in 'n boks verpak kon word nie. Iets ewig.


Dit was toe dat die Grinch sy manifestasie beleef het: “Miskien kom Kersfees nie uit 'n winkel nie ... Miskien is Kersfees 'n bietjie meer.” Die Grinch het 'n ontmoeting met skoonheid gehad, en sy hart het drie groottes vergroot om dit in te neem ... want dit is wat skoonheid doen.


John O'Donohue stel dit as volg: “die wonder van die Mooi is die vermoë om ons te verras. Met vinnige, volmaakte genade is dit soos 'n goddelike asem wat die hart oopsluit.”


Skoonheid het die Grinch se hart wyd oopgesluit. Die doel van skoonheid is om ons siele uit te brei om die ewige, oneindige en uitbundige liefde van God in te neem.


Ons weet dit diep binne ons, nie waar nie? Ons word 'n bietjie groter van binne-af wanneer ons die skoonheid van 'n sonsondergang, kind of God self aanskou. Ons laat toe dat iets ons binnegaan, aangesien ons onsself ook daarvoor geopen het.


Ons het almal sulke oomblikke nodig. Oomblikke wat ons harte wyd oopsluit om die uitgestrektheid van goddelike liefde te huisves.


Volgens 2 Korintiërs 3:18 AFR53 is daar iets wat gebeur wanneer ons onsself open vir skoonheid. Wanneer ons “die heerlikheid van die Here aanskou ... word ons van gedaante herskep na dieselfde beeld.”


William Blake meen: “ons word wat ons aanskou.”


As God werklik die pragtige Een is, die bron waar alle skoonheid vandaan kom, dan word ons soos Hy, terwyl ons Hom aanskou. Hy vorm ons in sy goddelike omhelsing om meer soos die beeld van sy Seun te lyk.


Hoe kan dit wees om hierdie week "die heerlikheid van die Here te sien" deur skoonheid te aanskou? Oorweeg dit om die skoonheid van Christus in 'n skildery of in jou verbeelding te bepeins.


Terwyl jy Hom aanskou, vra: “Here, hoe wil U my in hierdie oomblik herskep om meer soos U te lyk?”


As jy elke week van Advent met Infinitum wil volg, besoek gerus https://infinitumlife.com/2022advent vir meer leesplanne en Advent hulpbronne.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word de...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus:: http://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid