Leesplan inligting

Infinitum Advent Aanskou Skoonheid, Week 1Voorbeeld

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

DAG 2 VAN 5

Toe Jesus in die wêreld aangekom het, het God 'n uitnodiging gerig: “ontvang my omhelsing. Ontvang My as jou geliefde, as jou Vader. Kom in my arms, in my huis, in my familie. Jy is myne.”


Wanneer ons Jesus ontvang, ontvang ons 'n omhelsing as kind van God. Soos 'n nuwe moeder wat haar kind vir die eerste keer op haar bors hou, draai God ons toe in sy liefdevolle arms en aanskou ons met verwondering as sy eie.


Skoonheid bied ons 'n tasbare uitdrukking van hierdie ervaring. John O'Donohue stel dit wonderlik: “Die Pragtige … roep ons uit alleenheid na die warmte en wonder van 'n ewige omhelsing” (vrye vertaling).”


Ons word uit alleenheid opgeroep ... in 'n ewige liefde omhelsing.


Wanneer ons skoonheid ervaar, ervaar ons 'n voorsmakie van die voleinding — vereniging met God self. Skoonheid bied ons 'n uitnodiging na God se omhelsing. Wanneer ons oorgee en dit ontvang, val skaamte weg en word ons bevry deur sy liefde.


Skoonheid tree op soos die lewende empatie van God, wat ons wanhoop, eensaamheid, vrees en angs wat ons terughou, betree en bevry ons om meer ten volle onsself te word.


Ons bid dat skoonheid jou sal vind, daardie deur sal afbreek en jou sal bevry met die teenwoordigheid van die pragtige Een in jou midde. Dit is ons seënwens — ons gebed vir jou, vir ons.


Mag jy jouself by die deur van skoonheid plaas
en jouself welkom vind om binne te gaan.
Mag haar uitgestrektheid jou verbreed
en mag haar oorvloed jou verdiep.
Mag haar uitermatige liefde jou bevry
selfs terwyl haar heerlikheid jou deurboor.
Mag sy die krag in jou roer
om vrylik lief te hê, mildelik te lewe,
en om oorvloedig te skep.


Hoe kan jy jouself hierdie week op die pad van skoonheid kry en dit ontvang as 'n uitnodiging tot God se omhelsing?


Sit voor 'n skildery, kyk na 'n dans, of luister na 'n liedjie en ontvang God se omhelsing in die teenwoordige oomblik. Wat voel jy? Wat sien jy?


Oefen deur jouself toe te laat dat die liedjie (op YouTube) “He Has Time” deur Common Hymnal jou in skoonheid se omhelsing meesleur. Of geniet een van jou gunsteling Kersliedere wat jou in God se teenwoordigheid inlei.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Behold Beauty, Week 1

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word de...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus:: http://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid