Leesplan inligting

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3Voorbeeld

Infinitum Advent Make Room, Week 3

DAG 5 VAN 5

Ons is almal aan mekaar verbonde. Oor grense heen, sosio-ekonomiese skeidings, tale, geslagte, persoonlikhede, gelowe, ouderdomme en lewensbeskouinge … jy kan voortgaan om die magdom maniere op te noem waarop ons as individue uniek is. Een waarheid staan egter vas: ons is almal onlosmaaklik aan mekaar verbonde. Wat aan jou gedoen word, word aan my gedoen. As ek swaarkry, kry jy swaar. As jy suksesvol is, word ek opgehef. Hierdie ekosisteem is deur die Skepping van die wêreld inmekaar geweef en kan nie verbreek word nie. Ons is aan mekaar verbonde, gekoppel aan hierdie planeet, gewortel in hierdie tyd, maar ook steeds aan die verlede en aan die toekoms. Ons is almal onderling verbonde.


Jesus het gesê: "Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor ..." (Matteus 10:39). Hoe is dit om jou lewe te behou? Behalwe om teen die dood te veg, hoe sou dit wees as jy vandag aan die lewe vasklou?


Jesus tref 'n vergelyking tussen die "vasklou aan ons eie lewens" en "om dit vir Hom prys te gee". Hy sê dat, wanneer ons waag om ons lewens ter wille van Hom prys te gee, ons werklik LEWE sal vind.


Dink na oor die verwagtinge wat jy vir die komende Kerstyd koester en bepaal of daar nog aspekte van jou lewe is waaraan jy vasklou?


Watter geleenthede bied Kersfees jou om jou lewe vir Jesus prys te gee?


Watter nuwe LEWE kan in hierdie tydperk gebore word indien jy dit doen?


Wie kan ook meer LEWE ontvang as gevolg van jou besluit en weens die feit dat ons almal aan mekaar verbonde is?


As jy elke week van Advent saam met Infinitum wil volg, besoek gerus https://infinitumlife.com/2022advent vir nog leesplanne en Advent hulpbronne.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Make Room, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur Go...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid