Leesplan inligting

Infinitum Advent Plek Maak, Week 3Voorbeeld

Infinitum Advent Make Room, Week 3

DAG 2 VAN 5

Om hierdie Kersfees vir Jesus in ons lewens plek te maak, beteken om vir andere plek te maak. Jesus het aan sy volgelinge gesê: "... Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen" (Matteus 25:40).


Sou dit nie wonderlik wees om na hierdie Kersfees terug te kyk in die wete dat die Lig van die wêreld gekom het, en ons nie ons deure vir Hom gesluit het nie? Jesus het gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My" (Markus 9:37a).


Daar is twee ingesteldhede vir "verwelkoming": 'n Letterlike verwelkoming wat beteken om vensters en deure oop te maak — om aan ander toegang te gee. Daar is egter ook 'n spreekwoordelike of geestelike betekenis van "verwelkoming" naamlik, om ons harte oop te maak. Na watter verwelkoming word jy hierdie Kersfees geroep? Is dit letterlik? Geestelik? Of dalk albei?


As volgelinge van Jesus is ons deeglik bewus van die wyse waarop Jesus se lewe en liefde ons seën en ons neem dikwels aan dat ons Hom met ons "besondere geestelike prestasies" seën. Toe Jesus die verhaal van die skape en bokke vertel het, het die "skape" sy hart met hulle optrede geseën. Die voorbeelde van "besondere geestelike prestasies" wat Hy noem, is dinge soos om aan iemand 'n beker water te bied, of om jou jas met iemand wat koud kry te deel, of om iemand te besoek wat 'n moeilike tyd beleef. Die lys wat Hy noem is eenvoudige take — geen oordrewe dade nie. Hierdie soort "verwelkoming" of "plek maak", begin as 'n hartlike gebaar en vloei dan spontaan oor in eenvoudige, intieme handelinge.


Om vir Jesus in ons harte plek te maak, mag wees om ons Kersoggend met 'n vlugteling-gesin te deel. Dit kan egter ook wees om 'n kaartjie van bemoediging aan 'n senior burger te gee. Albei letterlike handelinge van verwelkoming maak plek in hierdie wêreld vir die verwelkoming en versorging van Jesus se kinders; albei begin deur vir Jesus in ons harte plek te maak.


Hoe wil jy hierdie Kersfees vir Jesus plek maak?


Wie dink jy het Jesus in gedagte om gesellig in jou nuutgevonde hartskamer te kuier?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Make Room, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer van die hart van God bewus te word. Sluit vir vier weke by ons aan terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Afbreek, Plek Maak en Deur Go...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid