Leesplan inligting

Infinitum Advent Breek Versperrings, Week 2Voorbeeld

Infinitum Advent Break Barriers, Week 2

DAG 5 VAN 5

Vrygewigheid is Wederkerig


Hou jy van towerkrag? Dit kan so boeiend wees om te sien hoe iets gebeur wat jy WEET onmoontlik is, maar tog sê jou oë vir jou dit het gebeur! Die vrygewigheid van God se kinders, is baie soos dit: towerkrag. Jesus sê (Lukas 6:38): “Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word." Dit is 'n belofte van Hom dat selfs wanneer die wiskunde nie uitwerk nie, en jy nie die vrygewigheidspoor terug na sy bron nie kan volg nie, selfs wanneer daar geen verduideliking is nie ... sal vrygewigheid na diegene wat dit gee terugkeer.


Soms KAN ons dit sien. Byvoorbeeld: jy glimlag vir 'n vreemdeling op die sypaadjie wat by jou verbygaan, en hulle glimlag terug, en jou hart word warm: wederkerige vrygewigheid met 'n logiese verduideliking. Jesus beweer egter dat selfs wanneer jy dit nie kan naspeur nie, sal vrygewigheid wat gegee is, oorvloedig teruggegee word — selfs meer as wat jy aanvanklik gegee het!


Dink 'n oomblik aan 'n tyd toe jy onverwags iemand se oordadige vrygewigheid ontvang het. Dit hoef nie finansieel te wees nie. Miskien het hulle in jou werkgroep plek gemaak vir jou, of jou in hul huis en hart verwelkom, of 'n bestendige stroom van aanmoediging op jou foon gegee tydens 'n moeilike tyd.


Een verstommende eienskap van Jesus is sy vermoë om te gee sonder voorwaardes. Oorvloedig en oneindig deel Hy sy hulpbronne en Homself aan ons uit — aan almal! In die ontwerp van die Christelike lewe is selfs HY egter die ontvanger van vrygewigheid wat openlik gegee is — Hy verlustig Hom in die vreugde van sy geliefdes. Hy was ook duidelik daaroor dat wanneer ons vrygewig met mekaar is, dit is asof ons met Hom vrygewig is.


Terwyl ons ons vrygewigheid hierdie Kersfees teenoor ons geliefdes uitdruk met geskenke, laat ons gee met roekelose oorgawe — en nie wag vir die logiese wederkerigheid om te kom in die oomblik van die oopmaak van 'n geskenk nie. Kom ons los alles verbonde aan hierdie geskenke en soek die towerkrag van die wederkerige aard van vrygewigheid. Laat ons vrygewigheid in 'n heeltemal ander vorm na ons terugkeer, op 'n ander tyd, uit 'n ander oorsprong. Kom ons gee vir mekaar, gee ons oor aan die towerkrag van vrygewigheid — met die vertroue dat die aard van vrygewigheid wederkerig is.


As jy elke week van Advent met Infinitum wil volg, besoek asseblief https://infinitumlife.com/2022advent vir meer leesplanne en advent hulpbronne.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Advent Break Barriers, Week 2

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestyd nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Word de...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid