Leesplan inligting

Infinitum Gesin Advent, Week 4Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 4

DAG 4 VAN 5

Het jy al ooit vir 'n boom 'n drukkie gegee? Of in die parkie gesit met die doel om na die eekhorings te kyk? Wanneer laas het jy op die gras op jou rug gelê en die wolke bestudeer? Het jy al ooit na 'n voëltjie se liedjie geluister? Die natuur is propvol van God se goedheid. Baie dele is stil, maar tog "praat" en "sing" hulle oor God.


God is nie beperk in wat Hy kan gebruik om sy werk te laat doen hier op aarde nie — Hy het een keer gepraat oor hoe die klippe lewendig kan word en dit sal doen as die mense nie wil nie (ek wonder of dit is waar die karakter van Marvel, Korg, vandaan kom?!). Die grootte van God se verbeelding laat ons besef hoe klein ons is (dink aan hoe groot die sterrestelsel is teenoor jou), en tog het God jou lief en wil saam met mense werk.


Maria (Jesus se moeder) het 'n baie groot taak gekry in haar vennootskap met God: om God se enigste Seun groot te maak, die Redder van die wêreld. Dis indrukwekkend hoe braaf sy was en hoeveel geloof en moed sy gewys het in haar taak, maar tog was sy nederig en het geweet dat God eintlik al die harde en moeilike werk doen en sy was net bevoorreg om deel te wees van die projek.


Ek weet eerlik nie of ek soos Maria sou reageer het nie. Ek weet ook nie of ek Maria sou gekies het as ek God was nie. Sou jy? Ons het hierdie "reëls" in ons koppe oor wie gekwalifiseerd en goed genoeg is vir God om te gebruik en so sny ons baie kere mense uit. Ons dink iemand is te jonk, of te besig of te streng om daardie projekleier te wees of te ______ om te ________. Is ek reg? Het ons nie almal maar 'n verwagting van wie is "die regte mens" of "gekwalifiseerd genoeg" om belangrike take te verrig nie?


Vandag lees ons Maria se gedagtes oor haar belangrike werk en ons leer by haar 'n goeie manier om na God, onsself en die werk wat Hy met ons wil doen te kyk. Maar dink eers na oor hierdie klompie vrae:


Wie dink jy is die mense wat gekwalifiseerd is om God se werk te doen? Hoekom?


Het jy enige reëls en vereistes oor wie is reg of gekwalifiseerd om God se werk te doen wat veroorsaak dat JY gediskwalifiseer word?


Wat is die belangrike werk wat jy dink God vir jou het om hierdie Kersfees te doen?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 4

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Wor...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid